Resepte

Vars Tamatie Pasta

Om my nuwe blog te vier het ek besluit om een van my gunsteling resepte eerste hier op te laai.  Die rede hoekom ek juis hierdie resep gekies het is omdat dit nie net heeltemal “flop-proof”is nie (dis regtig…glo my), maar dis ook ongelooflik lekker en jy kan die resep lekker aanpas na jou smaak.

Voor ek die resep gee…  Net een of twee dinge oor pasta.  Ek is natuurlik geensins van Italiaanse afkoms nie (daarvoor is my ma en pa se vanne beide net te Nederlands), so ek gaan glad nie myself uitgee as ‘n kenner van pasta nie.  Ek is seker daar is baie mense daar buite wat baie meer daarvan af weet as ek.  Ek het wel die laaste paar jaar met baie vreugde en genot agtergekom dat die lasagne en macaroni-en-kaas waarmee ek groot geword het in ons baie Afrikaanse huis, nie die enigste manier is om pasta te eet nie (alhoewel my ma se lasagne vreeslik lekker is…).  Ek sal mettertyd nog maklike, heerlike pasta geregte hier op laai, maar vir eers net dan nou hierdie een.

Dis ‘n vegetariese gereg…  Maar voor al die afrikaanse mense skielik hul neuse optrek…probeer net hierdie resep.  Ek belowe jy sal nooit weer dieselfde na vegetariese kos kyk nie.  Ek het dit een maal voorgesit vir vriende en al het die mansmense aanvanklik gemor oor die gebrek aan vleis, het hulle almal nog twee keer geskep en het daar nie ‘n krieseltjie oorgebly nie….

Die resep:

(die hoeveelhede word aangepas volgens hoe baie jy wil maak…daar is geen vaste hoeveelhede nie)

‘n Pakkie of twee rosa tamaties (hulle werk beter as gewone “cherry” tamaties..hulle is soeter)
So twee of drie koffelhuisies
‘n Goeie klompie olyfolie
‘n Middelslag ui
Pasta van jou keuse (skroefies of skulpies werk eintlik die beste)
Opsioneel: so twee eetlepels basilie pesto en/of ‘n wiel of twee feta kaas

Verhit jou oond se rooster element. Gooi die rosa tamaties in ‘n oondbak. Skil en sny die knoffelhuisies rofweg in groterige stukke. Gooi dit ook in die bak saam met die tamaties. Gooi nou genoeg olyfolie oor om die bak so halwe sentimeter diep te vul. (die olyfolie gaan die sous maak) Sit dit nou onder die rooster element van die oond. Sny die ui in die helfte en dan in dun halwe ringe. Gooi dit ook in ‘n rooster bak en gooi nog olyfolie oor om dit net aan te klam. Sit dit langs die tamaties onder die rooster element. Hou ‘n ogie oor hierdie twee bakke…dit kan maklik brand.

img_5707

Kook intussen jou pasta volgens die pakkie. Ek het volgraan spaghetti gebruik, maar fusilli (skroefies) werk nog beter omdat dit baie gaatjies het vir die sous. Onthou om sout in die water by te voeg waarin die pasta kook. Sodra die pasta gaar, maar nie pap is nie, dreineer die water en hou die pasta een kant.  (Ek het een keer ‘n resep van Jamie Oliver gelees waar hy voorstel pasta moet 9min kook, dan is dit perfek…ek glo nogals hier in ook en dit werk goed vir my…dis nou 9 min vandat die water kook.)

Wanneer die tamaties se velletjies almal gebars het, haal dit uit en gebruik ‘n aartappeldrukker (waarmee jy aartappels fyn druk) om die tamaties almal fyn te druk. Wees versigtig hier, want die tamaties se sap spuit soms uit as jy te hard druk.

img_5720         img_5717

Sodra die uie gaar is, haal dit ook uit die oond en meng met die tamatiesous. Jy kan nou ook so ‘n eetlepel of twee pesto en/of gekrummelde feta inmeng. Gooi nou die sous in jou opdien bak en skep dan die pasta bo-op. Meng deur en geur met sout en peper na smaak. Jy kan ook parmesaan kaas bo-oor gooi vir ekstra smaak.

Geniet dit!                                      img_5726

NS: Hierdie resep het ek oorspronklik by ‘n vriendin, Liezel Bekker, gekry, maar ek het dit aangepas mettertyd. Die uie was nie in die oorspronklike resep nie, maar ek hou baie van die geur wat dit inbring. Ek het ook al in die verlede murgpampoentjies ingesny en saam met die uie gebraai. Dit het ook weer ‘n ander, lekker geur gegee.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s