Resepte

Onderste-Bo Appel Koek

Hierdie koek lyk halfpad deur of dit ‘n totale flop gaan wees, maar dit is absoluut heerlik!  Dis wel ook ‘n mooi koek en dis heerlik klam en baie geurig.  Sit dit voor saam met room, roomys of vla…hang af of jy dit vir nagereg voorsit of vir tee tyd.

Jy kan enige soorte appels seker gebruik.  Die oorspronklike resep het wel groen granny-smith appels gebruik en ek het gevind hulle werk die beste.

FoodAndWine
Foto gekry by foodandwine.com

Koek:
¾ koppie botter (sag gemaak)
1 ½ koppie suiker
3 eiers
1 teelepel vanilla ekstrak (of essence)
½ koppie melk
1 ½ koppie koekmeel
1 teelepel bakpoeier
¼ teelepel sout
1 eetlepel kaneel (opsioneel…voeg ook 1 teelepel fyn gemmer in)
4 appels (geskil en in 1/2cm skyfies gesny

Sous:
1 koppie botter
1 koppie bruin suiker

Voorverhit oond op 180 grade Celsius. Smeer of spuit ‘n 23cm ronde koekpan. Verroom die botter en suiker saam. Klits die eiers en melk in tot heeltemal gemeng. Voeg die meel, bakpoeier, sout en kaneel (plus gemmer as byvoeg) by. Meng tot alles goed ingemeng is.

Vir die sous… smelt die botter in ‘n pan oor matige hitte en roer die bruinsuiker in. Verhit tot dit kook en roer vir 30 sekondes vinnig. Gooi sous in die koekpan.

Pak die appels bo-op die sous in ‘n sirkel patroon tot die sous alles bedek is. Gooi die koek beslag bo-oor die appels en maak dit gelyk bo-op. Bak dit vir 45 to 55 minute (of tot die koek gaar is). Moenie skrik as die sous oor-kook langs die kante nie…dit gebeur. Sit ‘n stuk foelie in ‘n oonbak of oondpan onder die rakkie waarop die koek is om die sous wat oor-kook op te vang.

Laat die koek vir 10 to 15 minute afkoel en sny dan met ‘n botter-mes die koek los van die pan (laat die mes tussen die koek en die pan langs beweeg. Plaas dan ‘n bord onderste-bo op die koek en draai dit dan versigtig om sodat die koek met die sous-kant na bo op die bord is.  Bedien met room, roomys of vla.

(oorspronklike resep gekry op Buzzfeed se Tasty website)

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s