Resepte

Geroosterde Blomkool Slaai

Blomkool het skielik in die laaste paar jaar weer redelik gewild geraak, meestal, as gevolg van die beweging weg van koolhidrate af.  Toe ek groot geword het, het ons seker maklik een keer ‘n week blomkool ge-eet, so wat my betref was dit nog altyd ‘n groente waarvan ek redelik baie gehou het.

Meeste van ons ken blomkool net as die wit “boompies” wat nogals soms aardig kan ruik as dit te lank gekook word.  Blomkool kry mens egter ook in ‘n pers, groen en geel weergawe wat glo almal bietjie anders proe.  Die rede vir die soms aardige reuk is omdat die meeste van die vitamiene vernietig word met ‘n lang kookproses.  Sommige bronne stel voor dat tot 75% van ‘n blomkool se vitamiene vernietig word indien dit vir 30 minute of langer gekook word.  Ek kon nie enige inligting kry oor wat gebeur as dit gerooster word nie, maar ek rooster dit eintlik regtig maar net omdat dit vir my lekkerder smaak so.

Hierdie resep het ek al so baie aangepas dat omtrent slegs die geroosterde blomkool en die rooi ui wat daar in is nog dieselfde is as die oorspronklike resep.  Hierdie is vir my ‘n baie lekker slaai met smake wat goed saamwerk.  Dit werk vir my lekker saam met braaivleis of selfs hoender.  Laat die rosyne uit as jy nie van rosyne of ‘n soet smaak in slaai hou nie.

Die resep….

 

1 kop blomkool (in blommetjies gebreek of gesny…sny die groter blomme deur)
1 of 2 eetlepels olyf olie of canola olie
‘n middelslag rooi ui (in halwe ringetjies gesny)
So 2 of 3 koppies baba spinasie blare
1 middelslag avokadopeer (ryp)
2 opgehoopte eetlepels gemengde sade (sesam saad, pampoensaad en sonneblomsaad)
Halwe koppie rosyne
Balsamiekasyn reduksie om mee te bedien

img_5768Voorverhit die oond tot 180grade Celsius met die rooster element aan.  Gooi die blomkool blommetjies in ‘n rooster bak en sprinkel die olyfolie bo-oor.  Meng goed sodat die blommetjies bedek is met die olyfolie.  Rooster in ‘n oond teen 180grade Celsius vir 15 min.  Voeg die rooi ui by, meng weer goed en rooster vir nog 15min.

 

 

Rooster die sade in ‘n droeë pan op hoë hitte tot ligbruin van kleur (glo my, die rooster maak ‘n groot verskil aan die smaak).
Sit nou jou slaai bymekaar… Sit die spinasie blare op ‘n opdien bord.  Gooi die blomkool gemeng met die rooi ui bo-op die blare.  Sny die avokadopeer in blokkies en gooi dit ook bo-oor.  Strooi laastens die sade (en rosyne indien jy dit wil insit) bo-oor die slaai.  Bedien met die balsamiese reduksie bo-oor.

img_5770

Geniet dit!

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s