Resepte

Vark en Sampioen Pastei

‘n Pastei lyk altyd indrukwekkend… en wie is dan nou nie lief vir ‘n stukkie varkvleis nie? Ek het al gehoor dat mense sê hulle is bang om varkvleis in geregte te gebruik omdat hulle bang is dit is droog.  Maar hierdie pastei het ‘n heerlike, ryk sous wat maak dat hy baie lekker sappig en romerig is. Ek verkies om varknek-steaks te gebruik vir hierdie gereg omdat dit gewoonlik meer sappig is en daar effense vetterigheid in die vleis self is wat help om die vleis sappig te maak.  Passop met die suurlemoen skil (‘zest’)…as jy te entoesiasties van dit invoeg, kan die smaak effens oorweldigend wees.

Die resep:

750g varkvleis (vark lende tjops of varknek steaks) (in blokkies gesny)
Olyfolie
1 groot ui (halwe ringe gesny)
2 knoffel huisies (gekneus en fyngekap)
Die blare van 2 vars tiemie takkies
So 2 na 3 eetlepels botter
250g sampioene (rofweg gesny)
1 eetlepel meel
100ml hoender aftreksel
100ml room
‘zest’ van een suurlemoen
1 rolletjie klaargemaakte skilferkorsdeeg
1 eier (geklits)

Voorverhit die oond teen 200ºC. Spuit ‘n 1,2liter oondbak met kleefwerende spuitmiddel. Verhit 1 eetlepel olyfolie in ‘n pan en braai die uie vir 5 minute. Voeg die knoffel en tiemie by en braai nog so 1 of 2 minute. Gooi hierdie nou in die oondbak.

Braai die varkvleis blokkies in nog ‘n bietjie olyfolie in dieselfde pan. Braai tot bruin en voeg in die bak saam met die uie. Smelt die botter in dieselfde pan en braai die sampioene vir ‘n paar minute. Voeg nou die sampioene ook in die bak saam met die vleis en uie. Sprinkel die meel oor alles in die bak en meng dit alles goed deur.

In ‘n maatbeker, meng die hoender aftreksel en room met die suurlemoen ‘zest’. Geur met sout en peper. Gooi dit nou in die oondbak bo-oor die vleis mengsel. Rol die skilferkorsdeeg uit en plaas dit bo-op die vleismengsel in die oondbak. Versier die deeg bo-op indien verkies. Verf die eier op die deeg met ‘n kwassie.

Bak die pastei vir 30 tot 40 minute.

img_5684

Geniet dit saam met ‘n slaai en aartappel wiggies.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s