Resepte

Suurlemoenverkwikker

Ek weet ek is tans nou so effens uit roetine uit, maar ek het twee(eintlik drie) sulke wonderlike vakansie-tyd resepte onlangs gemaak wat ek net brand om met julle te deel.  Hierdie week en volgende week gaan daar dan nou Dinsdag oggend ‘n bonus publikasie wees op die blog…sommer net omdat dit somer is.

Die eerste resep wat ek hier wil deel is ‘n resep wat in Wenresepte 1 van Annette Human verskyn het.  Ons het ‘n suurlemoenboom in die tuin gehad toe ek groot geword het, en hy het fluks suurlemoene gedra elke jaar.  My ma het seker toe op ‘n stadium besluit dat mens seker iets moet maak met die groot voorraad suurlemoene en sy het toe hierdie verkwikker begin maak.  Dit was so ‘n groot sukses dat dit amper ‘n instelling in ons huis geraak het dat daar altyd van die ‘suurlemoenstroop’ soos ons dit genoem het, in die huis was in die somer.  Dis ‘n stroop was jy gebruik om tuisgemaakte ‘cordial’ te maak (soos die Engelse sou sê).  Jy gooi so 15 na 30ml by ‘n glas sodawater, afhangend van smaak.

Net ‘n nota of twee… die oospronklike resep gooi 2,5kg suiker in!  Ek het dit halveer aangesien ek nie so erg lief is vir vreeslike soet drinkgoed nie, maar besluit maar self hoe baie suiker jy voel is nodig.  Met net 1,25kg suiker is dit vir my regtig soet genoeg.  In die oorspronklike resep gooi hul ook die skil van die suurlemoene in.  Ek het nie, want my ma het my gewaarsku dat die skil die ding is wat op die ou einde gis en ook, as jy te diep rasper dan kan dit ‘n bitter smaak gee.  Of die skil werklik dit laat gis sal ek nie weet nie, maar ek het dit uitgelaat en my stroop hou baie lekker in die yskas.

Die resep:

10 tot 12 groot suurlemoene
1,25kg suiker
15ml sitroensuur
15ml wynsteensuur
15ml Engelse sout
1,5Liter kookwater

Druk die suurlemoene se sap uit. As jy graag van die skil wil inrasper, doen dit hier. Gooi die sap in ‘n glas of emalje houer. Gou nou die suiker, sitroensuur, wynsteensuur en engelse sout bo-oor die sap in die bak. Gooi die kookwater oor en roer deeglik tot die suiker gesmelt het. Laat die stroop oornag staan. Suig dit nou deur ‘n doek indien jy die skil ingerasper het en gooi dit dan in gesteriliseerde bottels.

Dis op sy lekkerste saam met sodawater.  Ons het ‘n ‘sodastream’ masjien gehad wat ons laat oortyd werk het elke somer, maar as jy nie so een het nie kan jy net sodawater koop.  Hou ook die bottel met die stroop in die yskas…dit kan gis in ‘n kas… en so ‘n kas is verskriklik taai as daai bottel eers in hom ontplof het!

img_5944

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s