Kombuis Wenke

Kombuiswenk : Volg van resepte…

My vriende ken nou al almal my refrein oor bak en kook, en ek staan nogsteeds daarby… Kook is ‘n kuns en bak is ‘n wetenskap.  Ek sê nie hiermee dat bak nie ook vreeslik mooi en kunstig kan wees nie…  Wat wel belangrik is aan die stelling is dat as jy bak, jy die resep noukeurig moet volg.  Die hoeveelhede en oond temperature en bak tye van gebak resepte is baie belangrik en fyn uitgewerk.  Veral vir iemand wat nog nie ‘n baie goeie aanvoeling het vir bak nie, is dit fataal om te probeer verander en aanpas aan so ‘n resep.

Die ander deel van resepte volg wat belangrik is, is om die resep ‘n paar keer eers noukeurig deur te lees voordat jy nog eens begin bak.  Dit sal lang trane en ‘n woeste geskarrel na obskure bestandele halfpad deur die proses verhoed.  As jy byvoorbeeld vooraf al weet dat jy ‘n pan van ‘n sekere grootte gaan nodig hê, hoef jy nie, as jou deeg al klaar is, dan eers te hoef rond te bel na al wat ‘n vriendin is opsoek na ‘n geskikte koekpan nie.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s