Gedagtes

Tee

Is daar iets in die lewe wat alles so kan regmaak soos ‘n koppie tee?…  Tee assosieer ek met lang gesprekke, probleme oplos en troos…  My ma het kleintyd altyd as ons pak gekry het, na ons eers al ons huile uit gehuil het, vir ons ‘n koppie soet tee gebring.  Dan is daar met jou gesels.  Soos met ‘n groot mens.  En na daai koppie tee was jy rustiger en kon jy weer aangaan met die lewe en het jy geweet dat dinge weer regstaan tussen jou en jou ma.  Rooibostee was vir troos en siek wees.  Engelse tee was vir Sondae na kerk.  Maar dan nie uit ‘n beker nie…Sondae drink jy Engelse tee uit ‘n koppie met ‘n piering.

Toe ek in Engeland gebly het, het ek weer die vreugdes van tee drink van nuuts af herontdek.  In die koue, lang winters het ek geleef op tee.  Daar het ek allerhande soorte tee leer drink en leer lief raak vir hulle almal.  Rooibostee vir die nostalgie van huistoe verlang, Engelse tee by die werk saam met die Engelse werkskollegas, Earl Grey vir as jy moeg en sat by die huis kom en in die middel van die winter, as jy na vrugte en somer verlang, drink jy vrugte tee.

Hier in Suid Afrika het ek leer lief raak vir Heuningbostee toe ek ophou suiker drink het omdat ek my verbeel het dit proe effens soet.  Ek het ‘n Indiese werkskollega gekry wat my leer chai drink het.  Sy het dit vars gemaak met lekker baie vars gerasperde gemmer in.  Alle sinusse is oop na een van haar koppies tee.  En toe so twee jaar terug, het ek op Riebeek Kasteel by ‘n vriendin se pa-hulle begin leer boegoe tee drink.  Dis nogsteeds een van my gunsteliknge met ‘n vars, opkikkerende geur.  As jy hom meng met Rooibos is dit heerlik.

Tee laat my dink aan lang kuiers saam met baie goeie vriendinne wat altyd tee in ‘n tee pot maak.  Dis seker waar dat almal nie sommer lekker koffie kan maak nie (en ek vermoed ek kan dalk nie…), maar tee…  Dis wat so wonderlik is van hom.  Soet of bitter, swart of met melk… dit bly eenvoudig en dis nie so moeilik om ‘n goeie koppie tee te maak nie.  ‘n Koppie tee is eenvoudig en goedkoop en dis daardie eenvoud wat maak dat almal toegang het tot hierdie wonderlike siels-geneesmiddel…’n lekker koppie tee…

img_5046

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s