Resepte

Gebakte Salm

Vir meeste van ons Afrikaanse mense is salm dalk nie iets waarmee jy vreeslik vertroud is nie.  Dis nie iets waarmee ek enigsins groot geword het nie en sommige mense sal selfs sê dis dalk effens volksvreemd.  Ek het vir die eerste keer in my lewe salm ge-eet in Londen waar ek vir ‘n ruk gebly en gewerk het.  Dis natuurlik ook nie iets wat vreeslik bekostigbaar is nie (inelkgeval nie die ordentlike lekker salm “steaks” nie).  Forel is dalk meer bekend en ook heerlik, maar as jy eers eenmaal ‘n salm steak ge-eet het sal jy nooit kan terugkyk nie.

‘n Vriendin van my het my so ‘n rukkie terug ‘n plek in Kaapstad gewys waar mens salm steaks kan koop vir omtrent dieselfde prys as wat mens betaal vir biefstuk (daardie stukkie inligting sal jy my maar moet vra voor).  Ons het die oggend Leeukop gaan uitstap en summier daarna gaan salm koop (ja, ok, ons het eers gaan ontbyt eet, maar darem…).  Die resep wat ek hier gee is dan hoe sy my toe geleer het om dit te maak… Dis meer ‘n metode van gaarmaak (gekombineer met ‘n stukkie navorsing op die internet) as wat dit ‘n resep is.  Maar dis ‘n hemelse dis…regtig onverbeterlik!

Eers moet jy ‘n lekker stuk salm steak kry.  My enigste raad is hier dat as hy te dik is, hy langer vat om gaar te raak en as hy te dun is dan bak hy dalk droog…so ‘n 3cm dik steak sou ek skat is omtrent ideaal.  Sorg ook dat daar ‘n stukkie van die maag deel (die platter deeltjie) by is.  Dis die sappigste deel.

Voorverhit jou oond teen 180ºC.  Klad die vis met handdoek papier droog.  Voer ‘n bakpan of bakkie uit met tin-foelie en smeer dit met olyfolie.  Plaas die stuk salm met die vel-kant na onder op die foelie.  Smeer nou olyfolie bo-op die salm en sprinkel bietjie growwe sout en growwe peper oor.  ‘n Heel paar van die webtuistes waar ek gaan raad soek het, het hier gesê dat jy hier wel van die suurlemoen skil oor kan rasper, maar eers die suurlemoen sap moet oorsprinkel net voor jy die vis eet en nie voor jy hom gaar maak nie.  Ina Paarman se Suurlemoen en Roosmaryn of Vis speserye is ook lekker om te gebruik.

Bak nou die vis oop in ‘n oond vir sowat 15minute.  Jy kan dit langer bak ook as jy dit gaarder verkies.  Die meeste bronne wat ek kon kry sê dit werk uit op so 4 tot 6 minute per 1cm dikte van die vis.  As die vis maklik vlok met ‘n vurk is dit gaar.

Bedien die vis met vars suurlemoen skywe en ‘n vars slaai.

img_5643

(Bedanking aan Marga Bestbier vir haar insae in my eerste salm bak avontuur.)

Advertisements

2 thoughts on “Gebakte Salm

    1. Hi Tania. Ek het dit by ‘n Spar in Vredehoek gekoop. Ek weet die Spar in Somerset Wes het ook soms Salm teen goeie pryse. Soek maar bietjie rond. Soms kry mens ‘n ‘bargain’ op die mees onverwagse plekke😊

      Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s