Kombuis Wenke · Uncategorized

Kombuiswenk : Koud of Kamertemperatuur?

Indien jy onseker is of bestandele koud of kamertemperatuur moet wees, is daar ‘n eenvoudige manier om dit te bepaal…  Dit hang af van wat jy maak.  Indien jy ‘n deeg of iets maak wat lig en skilverrig moet wees, soos byvoorbeeld skilverkors of sekere soorte pasteie, dan moet jou bestandele (en selfs jou hande en toerusting) koud wees.  Indien jy iets maak wat moet rys, moet die bestandele kamertemperatuur wees.

Die rede hiervoor is natuurlik wetenskaplik (het ek al genoem dat ek dink bak is ‘n wetenskap…).  Met iets soos pastei deeg of skilverkors wil jy hê daar moet lug-blasies vorm tussen die lae soos wat dit gaar raak (dis wat dit laat rys en daai skilveragtige tekstuur gee).  As die botter koud is as dit in die deeg ingewerk word, dan is dit meer solied en soos wat die deeg dan bak in die oond en daai soliede stukkies smelt, vorm dit klein lug-“pockets”.

Met iets soos koek wil jy weer hê die botter moet baie goed inmeng met byvoorbeeld die suiker en dit gaan moeiliker meng as dit koud is.  Koue eiers klits ook moeiliker styf as eiers teen kamertemperatuur.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s