Resepte

Marokkaanse Gebakte Hoender

Marokko is ‘n land aan die verre Noord-ooste kant van Afrika. As gevolg van waar die land geleë is, het daar oor die eeue ‘n verskeidenheid streke die kos en geurmiddels van Marokko beïnvloed. Die oorgrootte meerderheid het gekom meestal van europese, mediterreense en midde-oosterse invloede. Verskeie soorte vleis word geëet en twee van die tipiese bestandele wat gereeld in hul kos aangetref word is ingelegde suurlemoene en gedroogte vrugte. Koeskoes en brood is ‘n stapel en word saam met baie geregte bedien. Speserye word mildelik gebruik en dit weerspieël die sterk arabiese invloed in die land. Gewilde speserye sluit in kaneel, komyn, gemmer, koljander, safraan, neutmuskaat en nog vele meer. Daar is ‘n gewilde Marokkaanse spesery mengsel genaamd “ras el hanout” wat gemeng word van 27 verskillende speserye!

Hierdie resep het ek op afgekom in my soeke na ‘n hoendergereg met ‘n Marokkaanse geur. Dis ‘n verskriklike lekker gereg wat met redelik min moeite mense baie sal beïndruk. Ek maak sommer eintlik die koeskoes dubbel want dan bedien ek die res saam met die hoender. Hier is die resep…

½ koppie koeskoes
¾ koppie aangemaakte hoenderaftreksel
¼ koppie olyf olie
1 medium grootte ui (fyngekap)
2 knoffel huisies (gekneus en fyngekap)
½ teelepel fyn koljander
1 ½ teelepel fyn komyn
100 g gedroogte dadels (grof gekap)
¼ koppie amandelstukkies
1 groot heel hoender (skoongemaak)
1 eetlepel heuning
¼ teelepel fyn kaneel

Voorverhit die oond tot 200^C. Plaas die koeskoes in ‘n bak. Gooi die aangemaakte hoenderaftreksel (warm) by die koeskoes. Maak die bak toe en laat dit rus vir ‘n paar minute. Vlok die koeskoes met ‘n vurk tot los. Roer een eetlepel olyfolie in. Laat dit eenkant afkoel.

Verhit nog ‘n eetlepel olyfolie in ‘n pan en braai die ui en knoffel in die olie tot sag en deurskynend. Roer die koljander en een eetlepel komyn in en braai vir nog een minuut. Voeg dadels by en kook vir nog so twee minute tot sag. Voeg die dadel mengsel, die amandelstukkies en sout en pepper na smaak by die koeskoes. Meng goed deur. Stop die holte van die hoender met hierdie mengsel en bind die pote aanmekaar vas met tou.

Sit die hoender in ‘n oondbraaibak met die borsies na bo (gebruik ‘n bak met ‘n deksel of gebruik tinfoelie om dit toe te maak). Meng die heuning, fyn kaneel, orige komyn en olie in ‘n bak. Voeg sout en pepper by na smaak. Bedruip die hoender met hierdie mengsel. Maak die bak se deksel toe en plaas dit in die oond. Bak dit nou vir omtrent een uur in die oond. Bedruip elke 20 minute die hoender met die sous wat onder in die pan lê.  Maak seker die hoender is gaar deur ‘n skerp mes se punt in die boudjie se dik vleis deel te steek. As daar helder vloeistof uitkom is die hoender gaar. Sit die oond op rooster en rooster die hoender oop vir so 5 na 10 minute tot goudbruin.

Heerlik saam met aartappels en ‘n groen slaai.

img_5976

(Resep aangepas vanaf taste.com.au se webtuiste.)

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s