Resepte

Mediterreense Hoender Pastarys gereg

Ek is baie lief vir eenskottel gebakte geregte. Dit maak die skoonmaak en voorbereiding meestal minder en dit is ook gewoonlik lekker geurig. Jy sit dan net ‘n lekker bak slaai daarby en jy het ‘n volle maaltyd.  En hierdie resep klink mos nou net lekker! Al die lekkerste kos bestandele in een gereg… mediterreense geure, tamaties, hoender, pesto en pasta. Wat kan dan nou fout gaan?! ‘n Vriendin van my het my op ‘n keer hierdie gewys in ‘n Fresh Living tydskrif van Pick en Pay. Sy is ook lief vir maklike, geurige kos maak. Ek het die resep gemaak volgens die boek se aanwysings. Dit het nie sleg uitgekom nie, maar ek het wel gevoel dit kort so klein bietjie meer, so ek het die resep aangepas tot ‘n smaak waarvan ek hou en nou is dit regtig lekker!

Net ‘n nota…moenie die pastarys met gewone rys of basmati vervang nie (ek het dit ook probeer)… Die pastarys gee dit ‘n besonderse ander tipe smaak en die tekstuur werk beter. Die resep is nie vreeslik souserig nie, maar as jy dit effens meer souserig wil hê, maak net die vloeistowwe meer. My vriendin het ook genoem dat sy die resep met gewonde hoenderstukke probeer maak het en dat dit nie heeltemal so goed gewerk het soos die hoenderborsies nie.

Jy benodig…

4 hoenderborsies (sonder vel en been)

250g kersietamaties (die roma tamaties werk die lekkerste, dis minder suur)

1 blik tamaties (die lekkerste is ook maar die italiaanse, langwerpige soort)

Handvol basiliekruid (vars)

1 – 2 teelepels gedroogde origanum

2 knoffelhuisies (fyngekap)

1 medium ui (grofgekap)

Olyfolie

1 ½ koppie pastarys

60 ml basilie pesto

80ml droe: witwyn

1 ½ koppie (375ml) hoender aftreksel

Voorverhit die oond tot 180 ºC. Sny die hoenderborsies in twee of drie groterige repe (afhangend van hoe groot die borsies is om mee te begin). Braai hulle liggies bruin in die olyfolie (nie gaar nie, net om hul ‘n effense kleur te gee).   Haal die hoenderborsies uit en en plaas dit in ‘n groot oondbak (so 24cm by 30cm groot). In dieselfde pan braai die knoffel en ui tot deurskynend. Sny die tamaties in stukke en gooi by die ui en knoffel. Kap die basiliekruid fyn en meng dit saam met die origanum in by die tamaties. Prut die tamatiesous vir so 10 minute.

Gooi die kersietamaties by die hoender in die bak. Meng die pastarys, tamatiesous en pesto saam. Gooi oor die hoender en tamaties in die oondbak. Meng die wyn en aftreksel en gooi dit oor die hele bak. Bak oop vir 25 tot 30 minute tot die pastarys en hoender gaar is.

Bedien met ‘n vars slaai en geniet dit!

img_5975

(Aangepas van ‘n resep in Fresh Living tydskrif.)

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s