Resepte

Die soeke na die perfekte Lemon Meringue

Lemon Meringue was kleintyd een van my en my broer se gunsteling terte. Die kombinasie van die soet en die suur terselfde tyd as die drie verskillende teksture van die krummelkors, die gladde suurlemoen vulsel end an die meringue deel bo-op is magies. Die perfekte tert volgens my moet ‘n paar elemente inhê… Eerstens moet die balans tussen die soet en die suur perfek wees. Die suur moet genoeg wees dat dit ‘n amper byt het, maar dan perfek gebalanseerd met die soet van die kondensmelk. Daar is min dinge so teleurstellend as ‘n suurlemoen meringue wat ‘n vervelige, plat smaak het. Die tweede deel wat die tert kan maak of breek is die meringue. Die meringue moet so perfek reg gemaak wees dat dit sag en sponsig is, maar tog so ‘n effense van ‘n bros lagie op het wat jou herinner aan skuimpies. Die groot geheim ook met die meringue deel is ook om dit te kry om uitgepof te bly en nie te krimp of plat te val nie.

Vir baie lank soek ek dus nou al die perfekte lemon meringue resep. As jy dit op die internet gaan soek kry jy letterlik honderde verskillende soorte raad oor die bestandele, hoe dit gemaak moet word en ook hoe dit gebak moet word. So begin ek toe nou lemon meringue resepte te toets dat die suurlemoen stroop so spat. Die suurlemoen deel kry ek perfek met die byt en die soet en die gladde tekstuur, maar die meringue deel het my steeds ontgaan. My skoonsuster vertel my toe op ‘n keer van ‘n resep wat sy op Sarie se webtuiste gekry het wat die meringue deel baie mooi bak. Hy lyk toe nou al baie indrukwekkend en val nie meer plat nie, maar daai dun bros lagie bo-op ontwyk my nogsteeds. Ek vermoed dit het te doen met my oond temperatuur en hoe ek dit bak. Dit was natuurlik ‘n heel lekker oefening en ek het nou ‘n resep wat so na aan perfek is as wat ek hom nog ooit kon kry. Ek deel hom hier soos wat ek hom bak. Die vulsel deel is aangepas uit ‘n resep uit ‘n wenresepte boek en die meringue deel is vanaf die Sarie webtuiste. Ek sal aanhou probeer…eendag publiseer ek dalk nog hier die wenke en of resep van die heel perfekte lemon meringue…

 

Jy benodig…

Kors:

1 pak tennisbeskuitjies (fyngerol)

100 ml botter (gesmelt)

 

Vulsel:

1 blik kondensmelk

125 ml suurlemoensap

2 eiergele

Gerasperde skil van een suurlemoen (opsioneel)

 

Meringue:

4 eierwitte

250 ml (210 g) strooisuiker

2 ml sout

2 ml kremetart

30 ml kookwater

2 ml bakpoeier

Verhit oond tot 180ºC. Meng die fyngerolde beskuitjies met die gesmelte botter. Druk dit vas in ‘n tertbak van so omenby 25 cm deursnee (afhangend van hoe dik jy die vulsel wil he^). Meng die kondensmelk en die suurlemoen sap in ‘n mengbak. Klits die eiergele tot lig en meng by die kondensmelk (nie klits nie). Vou die skil in as gebruik. Skep die vulsel in die kors.

Gooi die eierwitte in ‘n skoon mengbak van ‘n klitser. Gooi die suiker, sout en kremetart direk bo-op die eierwitte en begin dit stadig klits. Stel die menger hoe:r sodra alles ingemeng is en klits op ‘n hoe: spoed tot die eierwitte stywe punte vorm. Voeg die kookwater nou by en klits weer tot styf (die eierwitte het so ‘n blink skynsel en is effens taai as dit reg is). Vou die bakpoeier in en skep dit bo-op die vulsel. Bak in die warm oond vir 15 minute. Verlaag die temperatuur tot 110ºC en bak verder vir 45 minute. Sit die oond af en laat dit afkoel in die oond.

img_3755

(wenk: om te keer dat die meringue deel “afgly” van die vulsel as jy hom sny, sif ‘n bietjie meelblom bo-oor die vulsel voor jy die meringue opskep.)

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s