Resepte

Gebakte Skaap Tjops

IMG_6274.JPGEk erken ruiterlik dat ek nie so goed is met die gaarmaak van rooivleis nie. Behalwe vir maalvleis-resepte het ek nie juis ‘n groot hoeveelheid rooivleis resepte wat ek met oortuiging maak nie. Dit was totdat my ma hierdie resep vir my gegee het. Dis heerlik, smaaklik en regtig baie maklik om te maak. Dis ‘n resep wat sy aangepas het van ‘n resep wat destyds in Wenresepte 2 verskyn het (van die befaamde Annette Human). Weereens is dit ‘n resep wat jy in die oond bak en wat dus jou hande vry maak om nog bykosse of slaaie te maak.

Vir die resep benodig jy:
6 skaapboudtjops
Sout en peper na smaak
Bietjie koekmeel
1 koppie water
75 ml tamatiesous
25 ml Worcestersous
25 ml asyn
5 ml suiker
1 ui gesny in dun ringe
3 grooterige aartappels geskil en in kwarte in die lengte af gesny

Voorverhit die oond tot 180°C. Spuit ‘n medium grootte oondkasserol met kleefwerende sproei. Geur die tjops met die sout en peper en rol hulle in die meel tot heeltemal bedek met die meel. Gebruik ‘n vurk of die kant van ‘n piering en kap die tjops met die meel sagter. Pak die tjops in die oondkasserol. Pak die uie ringe bo-op die tjops.

Meng die water, tamatiesous, Worcestersous, asyn en suiker saam. Gooi die sous oor die tjops. Sit die oondkasserol se deksel op en bak die tjops 60 tot 90 minute. Die aartappels kan na so 30 minute ook ingesit word. Haal die deksel af en bak verder oop tot die tjops mooi bruin is en die sous effens verdik is. (Hou dop…dit moenie droog bak nie)

Hierdie tjops smaak vorentoe saam met soetpatats en brokkoli met witsous oor.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s