Resepte

Roomys

Tuisgemaakte roomys is ongelooflik lekker! Dis ryk en met die regte resep het dit diep, intense smake wat maak dat jy net ‘n klein bietjie op ‘n slag eet. Die lekkerste deel van hierdie resep is dat jy dit kan aanpas en geur soos jy wil. Jy kan self besluit watter geure/smake jy alles wil hê en dit dan net byvoeg. Ek sal hier onder ‘n paar opsies gee wat ek al gemaak het en wat lekker werk, maar as jy jou verbeelding gebruik is jou opsies legio.

Ek het hierdie roomys die eerste keer ge-eet in ‘n plaashuis in die Engelse platteland in die middel van die winter. ‘n Vriendin van my, Susan Bence, het dit gemaak as nagereg vir ‘n ete en sedertdien het ek dit al menigte male met groot sukses gemaak. Die ding wat my altyd van roomys maak afgesit het is die feit dat helfte van die resepte sê jy moet ‘n roomysmaker gebruik en die ander helfte sê jy moet dit aanmekaar weer roer terwyl dit vries. Hierdie resep roer jy ook ‘n paar keer, maar nie so vreeslik baie aanmekaar nie. Hy vries wel baie hard, maar haal dit maar net uit die vrieskas ‘n rukkie voor jy dit wil bedien dan sal dit sagter raak. Die resep is wel ook nie noodwendig goedkoper as wat dit sou wees om klaargemaakte roomys te koop nie, maar dis intens lekker en vir ‘n spesiale geleentheid is dit uit en uit die moeite werd.

Vir die basiese resep benodig jy…

2 blikkies kondensmelk

2 blikkies ingedampte melk (ideal milk)

2 koppies room

Jou keuse van byvoegings vir die smaak (sien voorbeelde onder*)

Meng al die bestandele saam. Gooi in ‘n bak wat in die vrieskas kan gaan. Klits alles saam na elke uur vir die eerste vier ure. Los dit daarna om hard te vries.

(Ek het al gelees iewers dat party resepte sê jy moet eers die room styf klits voor jy alles saam meng. Ek het dit al gedoen en ook al dit nie styf geklits nie (omdat ek haastig was) en ek kan nie regtig sê dat dit die smaak of tekstuur dramaties beinvloed nie. Dis dalk effens gladder as die room eers styf geklits word, so probeer dit maar eers so doen.)

 

*Voorbeelde van geure/byvoegings…

‘n Blik karamel kondensmelk wat jy by die vierde roer/klits slag deur meng.

Een of twee peppermint sjokolade plakke wat jy grof rasper

Gekapte neute en/of ingelegde kersies

‘n Pak karamel blokkies klein gesnipper

Gekrummelde fudge

Aarbei stroop of selfs twee of drie eetlepels aarbeikonfyt met kookwater verdun.

img_6122

Foto vanaf BBC Good Food…

Die resep lewer omtrent so 2 Liter roomys. Baie maklik en so, so lekker!

 

Advertisements

2 thoughts on “Roomys

  1. Baie dankie vir die resep. Ek het klaar bestandele gekoop. My familie gaan vreeslik verras wees. Wou net seker maak, die roomys gaan terug yskas toe na elke klits, ne?

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s