Resepte

Viskoekies

Volgens Wikipedia kom die naam van ‘n sardyn van die Italiaanse eiland Sardinië af waar die visse glo baie voorgekom het.  Of die vis as ‘n ‘pilchard’ of ‘n sardyn geklassifiseer word hang ook glo eintlik af van die grootte en nie noodwendig die taal wat gepraat word nie.  In die Verenigde Koningkryk beskryf hulle sardyne as jong ‘pilchards’ wat korter as 15 cm lank is.  Sardyne is ryk in verskeie olies en vitamienes, veral vitamien B12 wat sorg vir ‘n gesonde senuweestelsel.

Kleintyd was ek nie baie lief vir die idee van ‘n geblikte sardyn nie.  Ek dink dit was moontlik as gevolg van die vrees dat ek dalk op een van die klein graatjies sou byt en dat ek dan sou gril daarvoor.  My ma kon maar hoe mooi vir my wys dat sy al daardie graadjies uithaal…’n kind is mos soms ‘n onredelike mens…ek kon nie oortuig word nie.  Mettertyd het ek egter my opinie verander en danksy my ma se heerlike resep vir hierdie viskoekies kan ek voordeel trek uit sardyne in my dieët!

Ek waarsku net nou al sommer hier (en vir toekomstige resepte)…ek het geen probleem daarmee om pakkies poeiersop te gebruik om ‘n resep se smaak aan te help nie.  Ek weet party mense het gewetenswroegings daaroor (MSG en kleurmiddels…), so indien jy in daardie kategorie val is jy baie welkom om die soppoeier uit te laat in die resep.

Vir die resep benodig jy:

2 blikkies tamatie geur sardyne (‘pilchards’)

1 pakkie tamatieroomsop poeier

1 middelslag ui

1 sny brood (of so halwe koppie broodkrummels)

melk om die brood in te week

1 eier

1/2 koppie meel

1 teelepel bakpoeier

2 eetlepels gekapte pietersielie

Sny die ui in klein blokkies en braai dit in ‘n klein bietjie sonneblomolie tot sag en deurskynend. Hou een kant en laat afkoel. Sny die blikkies sardyne oop. Gooi die tamatie sous af en in ‘n bak waarin jy die ander bestandele gaan meng. Gooi die sardyne uit op ‘n bord. Sny die sardyne op die maag langs oop en haal die grate versigtig uit (as jy versigtig werk, kan jy die hele storie met een slag uithaal). Krap maar net die graatjies uit wat oorbly en gooi dan al die grate weg. Sny nou die sardyne fyn en/of druk dit fyn met ‘n vurk.

Gooi nou die fyngedrukte vis by die tamatiesous wat uit die blikkie gekom het. Gooi die res van die bestandele nou alles hier by en meng goed. Vorm platterige koekies en vlakbraai* dit in ‘n warm pan. Die tamatie van die sous maak dat die koekies vining donker bak.

Hierdie koekies is lekker as jy dit voorsit saam met tuisgemaakte tartar sous en ‘n bak slaai.

Vir die tartar sous benodig jy:

1 koppie mayonnaise
3 of 4 agurkies (van die wat in die soet-suur sous ingelê word werk lekker)
1 eetlepel fyngemaalde (of net baie fyngekapte) ui (opsioneel)
2 eetlepels suurlemoen sap
Sout en growwe pepper na smaak

Meng alles goed saam en laat staan terwyl jy die koekies bak.

img_6339

*Vlakbraai … dis wanneer jy ‘n dun lagie olie onder in die pan gooi of selfs net die pan smeer met handdoek papier wat in olie gedoop is. Hoeveel olie jy moet ingooi hang af van hoe kleefvry jou kleefvrye pan is…

Advertisements

3 thoughts on “Viskoekies

    1. Hi daar! Ek sou dalk nie hierdie resep net so gebruik het vir tuna koekies nie. ‘n Lekker resep vir tuna koekies wat ek al gemaak het gebruik twee blikkies tuna(die soort wat in olie ingelê is), twee fyngedrukte aartappels, 2 geklitste eiers, 1 ui fyngekap, vars pietersielie en sout en pepper. Jy meng dit alles saam en gaan verder te werk soos die resep vir my viskoekies. Hoop dit kom ook lekker uit!

      Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s