Resepte

Nutella Tert

Nutella kom oorspronklik vauit Italië. Dit word vervaardig deur die Ferrero maatskappy. Daar was ‘n Meneer Ferrero wat in Alba in die streek Piedmont in Italië gebly het. Die streek is bekend vir sy haselneute. Tydens die tweede wêreld oorlog was sjokolade redelik skaars en hierdie Meneer Ferrero het met ‘n plan vorendag gekom om die sjokolade te “rek”.  Hy het besluit om haselneut pasta met dit te meng. Dit is eers oorspronklik as ‘n soliede blok verkoop. In 1951 het Meneer Ferrero ‘n smeerbare weergawe van sy sjokolade en haselneut mengsel vervaardig.  En in 1964 het sy seun die resep weer aangepas sodat dit op groot maat verkoop kon word.  Die eerste pot Nutella is vervaardig. Vandag word Nutella in verskeie fabrieke reg oor die wêreld vervaardig in lande soos die VSA, Frankryk, Duitsland en selfs Brasilië. Daar is selfs ‘n Wêreld Nutella dag op 5 Februarie. In 2013 is 350 000 ton Nutella wêreldwyd vervaardig.

Ek het ‘n vriend wat absoluut versot is op Nutella. Ek het dus einde verlede jaar vir hom hierdie tert gemaak. Hy het gesê dit was lekker…en hy sal weet. Die resep is aangepas vanuit verskeie resepte wat ek op die internet gekry het. Die idee van die turkse lekkers bo-op is danksy my vriendin, Ronel Bester. Foto geneem deur Izak Lyons.

img_6273

Wat jy benodig:
Twee pakkies Oreo’s
4 eetlepels botter
1 koppie Nutella
1 koppie room
1 houer roomkaas
3 eetlepels versiersuiker
¼ teelepel sout
So 10 na 12 turkse lekkers in klein blokkies gesny.

Rol die koekies fyn in ‘n plastieksak. Smelt die botter en meng dit met die koekiekrummels. Druk die koekieskrummelkors vas in ‘n groot tertbord (deursnee van so 25 cm).

Plaas die Nutella, roomkaas, versiersuiker en sout in ‘n mengbak. Meng met ‘n elektriese klitser tot glad. Gooi stadig die room by terwyl die menger aanhou loop op die medium spoed. Sodra al die room bygevoeg is, stel die menger op hoë spoed en klits vir nog so 2 tot 3 minute totdat die mengsel lekker lig en sponsig is.

Skep die vulsel op die koekiekrummelkors. Laat staan in ‘n yskas vir ten minste 2 ure of oornag. Strooi die blokkies turkse lekkers op die tert.  Bedien op ‘n mooi bordjie…dis ‘n mooi tert.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s