Resepte

Hoender Enchilladas

Verlede week het ek vertel hoe om tortillas te maak. Tortillas kan op baie verskillende maniere voorgesit word. Een hiervan is om enchiladas te maak. Enchiladas is ‘n spaanse woord en dit kom vanaf die woorde vir chillies en ‘n fluit. Dit is in die antieke Mayan kultuur gebruik gewees om die tortilla om klein vissies te vou en dit dan te eet saam met chillie sous. Vandaar die woord enchilada.

Ek het eenkeer vir ‘n werksete enchiladas gemaak uit desperaatheid om iets te maak waarmee jy met relatief min moeite en min geld ‘n baie lekker ete aanmekaar kan slaan. Hierdie hoender enchiladas was die resultaat en ek moet tog sê…dit was baie maklik en baie lekker.

Wat jy benodig:
8 tortillas (gekoop of gemaak… die gemaaktes is dalk net kleiner en jy gaan dan dalk meer gebruik)
2 tot 3 eetlepels sonneblomolie
4 hoender borsies (gaar gestoom en fyn gevlok of so 3 koppies gevlokte, gaar hoender)
‘n blikkie tamaties
‘n medium ui
1 koffel huisie
‘n pakkie tamatiepasta
‘n pakkie enchilada speserye (as jy dit nie het nie kan jy maar net ‘n mengsel van paprika, chillies, knoffel sout en gemengde kruie ook gebruik)
2 koppies melk
4 eetlepels (60 ml) botter of margarine
4 eetlepels (60 ml) koekmeel
Sout na smaak
2 koppies gerasperde cheddar kaas

Sny die ui en knoffel in klein blokkies. Braai die ui en die knoffel in die olie tot sag en deurskynend. Voeg die hoender by en braai dit ‘n bietjie saam met uie. Voeg die tamaties en die tamatiepasta by en meng goed deur. Voeg die speserye by. Prut die hoender mengsel tot effens dikker. Jy kan nog chillie-poeier of tabasco-sous byvoeg indien jy hou van ‘n sterker byt.

Maak intussen ‘n witsous met die botter, melk en meel. Smelt die botter in ‘n kastrol oor stadige hitte. Roer die meel geleidelik in die gesmelte botter tot dit glad is. Voeg die melk bietjie vir bietjie by en roer aanhoudende met ‘n draadklitser tot dit dik en glad is. Voeg sout by na smaak.

Voorverhit die oond tot 180°C. Nou sit jy die enchiladas aanmekaar. Spuit ‘n dieperige, medium bakpan met kleefwerende sproei. Skep so twee of drie eetlepels van die hoender mengsel in ‘n tortilla. Rol dit op en plaas dit in die bak. (Dit moet losweg opgerol wees en daar moet genoeg vulsel in wees dat die tortilla nie meer as twee keer om die vulsel gaan nie.) Doen dit met die res van die vulsel en tortillas. Pak die tortillas styf langs mekaar (… soos sardyne in ‘n blik). Gooi die witsous bo-oor die tortillas en strooi dan die kaas oor. Bak die enchiladas nou vir so 20 minute in die oond en rooster dit dan onder die rooster element vir 5 na 10 minute.

Bedien met ‘n groenslaai met baie avokado in.

Provecho! (smaaklike ete in Meksikaans)

img_5802

PS: hierdie gereg kan ook ewe lekker bedien word met maalvleis in plaas van hoender.

English:

Ingredients:

8 flour tortillas

2 to 3 tablespoons sunflower oil
4 chicken breasts (steamed and shredded… about 3 cups full of cooked chicken)
1 can chopped tomatoes
1 medium onion
1 garlic clove
1 sachet tomato paste
1 packet enchilada spice (or use a mixture of paprika, chillies, garlic salt and mixed herbs)
2 cups milk
4 table spoons butter or margarine
4 table spoons flour
Salt to taste
2 cups grated cheddar cheese

 

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s