Resepte

Eiervrug-en-Groenboonslaai

IMG_6294.JPGEiervrug is een van daai groente waarmee ek nie eintlik groot geword het nie. Ek onthou seker een keer wat dit in ‘n dis gebruik is in ons huis… nie juis ‘n familie gunsteling nie. In engels staan dit bekend as beide eiervrug (Amerika en Australië) en brinjals (Brittanje en Asië). Eiervrug is ook, soos tamaties, tegnies eerder ‘n vrug as ‘n groente, maar ons eet hom meer soos groente as ‘n bykos as noodwendig ‘n vrug. Om die waarheid te sê, volgens Wikipedia, behoort die eiervrug, tamatie en aartappel al drie aan dieselfde familie. In die middeleeue is daar geglo dat eiervrug giftig is as gevolg van die kleur van die vrugte. Dit behoort inderdaad aan dieselfde familie as die “nightshade” wat wel ‘n giftige plant is. Daar kom solanine voor in die vrug en die blomme en as dit in groot hoeveelhede ingeneem word kan dit wel giftig wees…maar ons praat hier van buitensporige groot hoeveelhede… Interressant genoeg is dit dieselfde komponent wat aartappels, wat aan lig blootgestel word, laat groen word.

Verskeie geregte in verskillende lande gebruik eiervrug. Die bekendste een is seker Moussaka waar die eiervrug met maalvleis en ‘n tamatie sous in lae gebak word. In Turkye is daar ‘n gereg genaamd “Sultan’s Delight” waar ‘n eiervrug puree gebruik word as basis vir die gereg. In Frankryk word dit gebruik in ratatouille, ‘n groente gereg waar tamaties ook gebruik word en in Indiese kos word dit ook wyd gebruik, veral ingelê.

Dit word wyd aanvaar dat eiervrug redelik bitter is. Die een manier om hiervan ontslae te raak is om die skywe eiervrug met sout te sprinkel en dan te wag vir die sout om die bitterheid so te sê uit die vrug te trek en  dit dan af te spoel met water. Die meer moderne varieteite wat wel meestal in Suid Afrika verkoop word deesdae het nie hierdie tipe “behandeling” nodig nie. Vir hierdie resep word dit wel gedoen, maar dis ook meer om vog te onttrek as noodwendig om die bitterheid te onttrek uit die vrug uit.

Hierdie slaai is heerlik en is ‘n baie goeie kombinasie van verskillende teksture en smake. Ek het dit raakgesien in die Landbouweekblad se Boerekos 2016 uitgawe en is sedertdien baie lief vir hierdie slaai. Ek het dit bietjie aangepas.

Jy benodig:

2 na 3 middelslag eiervrugte (in dun skywe gesny)

Growwe sout en olyfolie

Varsgemaalde swart peper

15 ml fyn komyn

250 g groenbone …die dun franse bone is lekkerder (puntjies afgesny)

4 groot hande vol blaarslaai (die gemengde pakke lyk die mooiste)

2 ryp avokado’s (1 kan ook werk as dit ‘n redelike groot een is) (in skyfies gesny)

1 wiel feta kaas (gekrummel)

 

Slaaisous:

45 ml suurlemoensap

45 ml olyfolie

3 ml heelkorrel mostert

½ teelepel suiker

 

Saadsprinkel:

10 ml elk van enige sade wat jy het (pampoensade, sesamsade, sonneblomsaad, lynsaad ens)

 

Voorverhit die oond tot 200ºC. Besprinkel die eiervrugskywe met die sout en pak dit in ‘n vergiettes of sif. Laat staan vir 5 minute. Spoel die sout af en druk die eievrugskywe droog met kombuispapier. Pak die eiervrugskywe op gesmeerde bakplate (om skoonmaak werk te spaar, plaas foelie in die bakplate). Sprinkel met die olyfolie, sout, peper en komyn. Oondrooster die skywe tot goudbruin, bors en gaar. (Halfpad deur lyk dit of die skywe net pap kook. Hou net uit, dit raak wel meer bros.) Blansjeer die groenbone in soutwater tot net-net gaar. Dompel direk in yskouse water.

Pak nou jou slaai uit op ‘n mooi groot opdienbord. Meng die bestandele vir die slaaisous en gooi dit oor die slaai. Gooi die saadsprinkel in ‘n droeë pan en verhit dit oor hoë hitte tot die sade begin “skiet”. Laat dit effens afkoel en gooi dit dan oor die slaai.

 

Bedien die slaai saam met enige lekker vleis gereg.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s