Resepte

Varkvleis-Frikkadelle en Brokkoli Pasta

Brokkoli is een van daardie groentes wat ek om een of ander rede glad nie van gehou het toe ek ‘n kind was nie en nou mal oor is. As ek groente koop en ek het nie ‘n definitiewe plan in gedagte nie koop ek gewoonlik brokkoli, want ek weet ek sal gou aan iets kan dink om daarmee te doen. Snaaks genoeg het ek ook lief geraak daarvoor toe ek dit in ‘n pasta gereg ge-eet het. Ek onthou om die waarheid te sê presies hoe ek ‘n ham en brokkoli pasta gereg in Londen by vriende ge-eet het en vir die eerste keer gedink het dat dit nogals ‘n lekker groente is. Dit helder ‘n dis lekker op en bevat allerhande gesonde vitamiene en minerale soos kalsium en vitamiene C.

Hierdie gereg is baie maklik om te maak en neem omtrent 20minute van jou tyd. Die resultaat is fantasties en baie lekker geurig. Moenie skrik vir die ansjovis fillette nie… Ek het altyd… Dit laat die gereg met ‘n heerlike, souterige smaak sonder om visserig te smaak (wat baie mense dink dit doen…). Probeer dit net so…ek belowe jy sal nie spyt wees nie! Die resep is aangepas van ‘n resep wat ek in die Fresh Living tydskrif van Augustus 2016 gesien het.

Jy benodig…

350g gemaalde varkvleis of 8 vark-worsies

1 eetlepel (15 ml) gedroogde brandrissie vlokkies

1 teelepel (5 ml) elk gemaalde koljander, komyn en rooipeper

¼ koppie (60 ml) olyfolie

1 medium ui (in halwe ringe gesny)

2 huisies knoffel (fyngekap)

3 ansjovis fillette (fyngekap)

1 eetlepel (15 ml) ingelegde kappertjiesaad (fyngekap) (“capers”)

1 pak (500g) pasta (skulpies of ravioli werk die beste)

250g brokkoli (in blommetjies gesny)

1 koppie (250 ml) room

50g pekaneute (gerooster en opgekap)

Parmesaan kaas om mee te bedien

 

Druk die varkworsies se vleis uit die skedes uit (as jy die worsies gebruik). Meng die varkvleis saam met die gedroogde brandrissie vlokkies en die koljander, komyn en rooipeper. Verhit helfde van die olyfolie in ‘n pan op hoë hitte. Knyp kleinerige stukkies van die vleis af in die olie en braai tot bruin. Haal uit die olie en hou eenkant.

Braai die uie en knoffel in die res van die olie tot sag. Gooi die ansjovis fillette en kapertjiesaad in en braai vir twee minute. Skep die frikkadelle terug in die pan en verhit alles weer saam. Voeg die room by en prut vir ‘n paar minute.

Kook die pasta in ‘n pot vol sout water. Stoom die brokkoli blommetjies gaar saam met die pasta die laaste twee minute van die kooktyd. Dreineer die pasta en voeg die pasta en brokkoli mengsel by die sous. Meng goed deur en skep in ‘n opdien bak. Sprinkel die parmesaan en pekaneute bo-oor en bedien.

img_6468.jpgEnglish translation:

350 g minced pork (or 8 pork bangers)

15 ml dried chilli flakes

5 ml each ground coriander, cumin and cayenne pepper

60 ml olive oil

1 onion (cut in rings)

2 cloves garlic (chopped)

3 anchovy fillets (chopped)

15 ml capers (chopped)

1 packet (500 g) pasta (fusilli or shells works best)

250g broccoli (cut in florets)

50 g pecan nuts

Parmesan, for serving

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s