Resepte

Gebakte Koeksister Poeding

Daar is vreeslike debatte op die internet oor waar presies die koeksister vandaan gekom het. Party mense sê dat dit van die Maleise slawe was wat dit oorgebring het en party ander sê weer dat dit verwant is aan ‘n soort van poffer wat van Nederlandse oorsprong is. Soos wat ons afrikaanse kos-kultuur maar gaan, is dit tien teen een ‘n samesmelting van beide hierdie aftergronde. Waar dit ookal oorspronklik van vandaan kom, koeksisters bly ‘n Suid-Afrikaanse gunsteling wat uniek is aan ons land.

Ek gaan wel nie nou verduidelik hoe om koeksisters te bak nie… Ek wil dit nog eendag aanpak. Ek het toe ek ‘n kind was my ma gehelp om dit te bak, maar self het ek nog nie die moed gehad nie. Hopelik kan ek eendag voor die einde van die jaar die moed bymekaar skraap (en moontlik ‘n vriendin of twee om my te help…) en dit dan aanpak.

Vir nou, vir vandag, het ek ‘n super maklike, super lekker poeding wat die minimum moeite verg, maar ‘n hemelse resultaat lewer. Dis groot kroek…jy gebruik gekoopte, klaar gemaakte koeksisters vir die poeding… Maar dis deel van wat hom so lekker en maklik maak om voor te berei. Ek het die poeding die eerste keer gesien by my vriendin, Ronel Bester en sal haar ewig dankbaar wees vir hierdie resep (as jy dit ooit regtig ‘n resep kan noem…dis soooo maklik).

Dit klink of hy super soet moet wees, maar dit is glad nie. Om die waarheid te sê, die room breek effens van die oordrewe soetheid van die koeksisters. Dis heerlik saam met ‘n skeppie vanielje roomys en ek moet nog die person ontmoet wat nie hiervan sal hou nie…soos die engelsman sou sê…dis ‘n regte “crowd-pleaser”.

Jy benodig…

‘n pakkie gekoopte koeksister. (ek werk gewoonlik op so 8 na 10 medium grootte koeksisters)

1 koppie room

(jy kan ment blaartjies byvoeg…dit gee dit weer ‘n heel ander dimensie)

 

Voorverhit die oond tot 180°C. Plaas die koeksisters in ‘n bak waarin hulle net-net almal plat in kan lê, maar die bak vol lê. Ronel breek die koeksisters effens op. Ek hou daarvan heel, maar probeer maar beide maniere en besluit self wat vir jou werk. Gooi die room oor die koeksister en breek die ment blare in (as jy dit gebruik). Bak oop in die oond vir 30min.

img_6331

Genoeg vir 4 tot 6 mense (hang af of jy roomys saam bedien of nie)

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s