Resepte

Skurwe Jantjies

Wie Jantjie was en hoekom hy skurf was en presies hoekom ‘n koekie na hom vernoem is kon ek nie uitvind nie. Dis wel ‘n Afrikaanse volksmond naam vir wat die engelse “crunchies” noem. Dis ‘n resep wat my ma vir ons gemaak het toe ons kinders was en wat propvol lekker is en dis regtig maklik om te maak ook. Die resep is oorspronklik in Wenresepte 2 van Annette Human gepubliseer. Ek moes dit uit my ma se resepteboek afgeskryf het voor ek oorsee gaan werk het, want dis in daardie klein boekie vol ‘tuis-resepte’ waarin ek dit weer ontdek het. Ek het dit weereen so klein bietjie aangepas deur meer speserye by te voeg… dit maak die koekie vir my net nog lekkerder.

Jy benodig:

375 ml (1 ½ koppie) witsuiker

125 g botter of margarien

30 ml (2 eetlepels) heuning (of goue stroop)

500 ml (2 koppies) hawermout

500 ml (2 koppies) klapper

250 ml (1 koppie) koekmeelblom (jy kan volgraan meel ook gebruik)

1 ml sout

1 eier, geklits

10 ml (2 teelepels) koeksoda

10 ml (2 teelepels) kaneel

2 ml gemmer

2 ml fyngemaalde naeltjies (opsioneel…party mense vind die geur effens sterk)

 

Voorverhit jou oond tot 180°C. Smeer ‘n rolkoekpan van so 30cm x 40cm of spuit met kleefwerende kossproei.

Smelt die suiker, botter en heuning saam oor lae hitte. Meng die hawermout, klapper, meel, speserye en sout in ‘n ander mengbak. Laat die suikermengsel afkoel. Roer die eier en koeksoda vining in (roer baie vining met ‘n draad-klitser anders raak stukkies van die eier gaar). Voeg die meelmengsels by wanneer die koeksoda begin skuim en meng goed.

Druk die mengsel met ‘n spaan in die pan vas. Bak 20 min op die middelste rak in die oond tot goudbruin. Haal uit en sny dadelik in 5 cm blokkies terwyl dit nog warm is. Laat afkoel in die pan. Bêre in ‘n lugdigte houer.

img_6118

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s