Resepte

Uitmekaartrek Brood

Iewers in die middel van 2016 het ek skielik op die internet op al wat ‘n kos-blog of website is resepte begin sien vir wat hul noem “pull-apart bread”. Dit het na die allerheerlikste ding gelyk om te maak en die ideale bykos vir wanneer mens braai of sommer net as ‘n lekker snoep-happie.

Daar is letterlik honderde weergawes van hierdie brood en ek sal nog voorbeelde van nog opsies gee hier onder, maar ek gaan die resep gee soos ek hom gemaak het.

Jy benodig…

Een oval-vormige brood (ek het ‘n rog-brood gebruik, maar iets soos ‘n soda-brood sal ook goed werk… ‘n meer fermer tipe brood gaan beter werk)

½ koppie (110g) botter

Groot hand vol basilie kruid blare (fyngesnipper)

4 tot 6 knoffelhuisies (fyngerasper)

1 koppie mozzarella kaas (gerasper)

½ koppie parmesan (opsioneel)

 

Voorverhit die oond tot 200°C. Sny die brood in dikkerige skywe (sowat 2 tot 3 cm dik), maar moenie regdeur sny tot onder nie (sny net tot voor die kors). Sny nou in die lengte af ook skywe, ook nie regdeur nie. Nou het die brood ‘n blokkies-patroon. Smelt die botter en meng die basilie en knoffel in. Bedruip nou die brood met die botter-mengsel en maak seker jy kom in die kepe tussen die blokkies ook in.

Meng die mozzarella en die parmesaan. Druk dit nou in die kepe in wat gesny is in die brood. Draai die hele brood toe in foelie en bak vir 10 min toe in die oond. Verwyder die foelie en bak vir ‘n verdure 5 tot 10 minute tot die kaas heerlik gesmelt is. Bedien so gou as moontlik terwyl die kaas nog lekker gesmelt is.

IMG_6391

Alternatiewe opsies:

  • Gebruik cheddar kaas en pietersielie inplaas van die basielie kruid en mozzarella
  • Gekapte spinasie en feta kaas inplaas van die basielie kruid en mozzarella
  • Voeg bacon by.
  • Meng ‘n eetlepel vol basielie pesto in by die botter inplaas van die vars kruie en knoffel
  • Vir ‘n soet weergawe…laat die knoffel en kruie en kaas weg en bedruip eerder met gesmelte botter gemeng met kaneelsuiker of druk bloot sjokolade splinters en klein malvalekkers in die kepe en bedruip met ‘n karamel-sous sodra dit uit die oond kom.
Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s