Resepte

Adri se Saterdagaandkos

Saterdagaande was my gunsteling aand by die huis toe ek ‘n kind was. Behalwe vir die feit dat dit naweek is, was dit ook die aand wat my ma gewoonlik iets regtig lekkers gemaak het vir ete. Haar kos was elke aand lekker (my ma weet van kosmaak), maar Saterdagaande kon ons gewoonlik kies ook wat ons wil hê en dit was gewoonlik iets soos pasta of pizza’s of vetkoek. Daar was egter ‘n dis wat my gunsteling dis was toe ek klein was.   Dis ‘n pasta gereg wat so ‘n tipe “goooi-alles-bymekaar” resep is…ek was mal daaroor!  Waar die resep vandaan kom kan niemand meer onthou nie, maar so oor die jare het dit in ons huis begin bekend staan as Adri se Saterdagaandkos.

Hierdie resep het ook in ons kerk se resepteboekie verskyn een jaar. My ma moes resepte ingee vir die resepteboek en toe sommer resepte uit haar eie handgeskryfde boek afgerol en toe vergeet om die naam te verander. Dit het toe in die kerk se resepteboek verskyn as Adri se Saterdagaandkos.

Jy benodig…

½ pak noedels (macaroni of skroefies werk die beste)

30 ml olie

500 g tot 750 g maalvleis

75 ml tamatiepuree of -sous (as jy tamatiepuree gebruik, voeg so 5 ml suiker by)

100 ml ingedampte melk (ideal milk)

1 to 2 uie (gekap)

125 – 150 ml gerasperde kaas

Sout en peper na smaak

Voorverhit die oond tot 180⁰C. Maak die noedels gaar volgens die aanwysings op die pakkie. Braai die ui in die olie tot deurskynend. Braai die vleis daarby tot gaar. Voeg die res van die bestandele behalwe die kaas by en laat prut vir 5 min. Voeg die noedels en die kaas by en meng. Skep die mengsel in ‘n gesmeerde bak. Plaas in die warm oond vir sowat 10 tot 15 min totdat die kaas gesmelt is.

Genoeg vir sowat 4 mense.

img_6639

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s