Kombuis Wenke

Kombuiswenk : Plaasvervangers

Jy besluit die oggend vol bravade jy gaan bak!  Jy besluit om iets eenvoudigs aan te pak en hoop jy het alles in die kas sodat jy nie nog nodig het om winkel toe te ry nie (want jy weet as jy eers in ‘n winkel moet instap gaan jy dalk nie daarna nog lus wees vir bak nie… of jy bly doodeenvoudig regtig ver van die winkel af! )  Maar o wee…jy kort een of ander gewone bestandeel…  Hier is ‘n paar plaasvervangers wat jou dalk sal kan red… (soos gekry uit die Kook en Geniet en ‘n paar ander bronne)…

1 koppie bruismeel  =  1 koppie meel + 1/2 eetlepel bakpoeier

1 teelepel bakpoeier = 1/4 teelepel koeksoda + 1/2 teelepel kremetart

1 koppie suurmelk of karringmelk  = 1 koppie melk + 1 eetlepel asyn of suurlemoensap

1 koppie suurroom  =  1 koppie room + 20ml suurlemoensap

1 koppie melk  =  1 koppie water + 60ml melkpoeier (net vir in gebak)

230g botter = 220ml kookolie (waar botter net gesmelt gebruik word)

1 teelepel “all-spice” = 1/2 teelepel kaneel + 1/4 teelepel gemaalde naeltjies + 1/4 teelepel gemaalde neutmuskaat

 

Volgende week verduidelik ek sekere amerikaanse mates wat gereeld in resepte voorkom.

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s