Resepte

Snoektert (of Tunatert)

img_6623Tannie Issie is ‘n baie goeie vriendin van my ma. Sy het destyds saam met my ma gewerk en het so paar jaar voor my ma afgetree. Wat ek van haar onthou is dat sy altyd ‘n oor gehad het, baie vir mense omgegee het en altyd koekies in haar huis gehad het vir ons kinders. Sy kon duidelik ook goed kosmaak, want in my ma se handgeskrewe resepteboek was daar heelwat resepte van Tannie Issie in gewees. Hierdie resep is ‘n gunsteling van my. Dis maklik en vining om te maak. Jy kan hom aanpas volgens wat jy beskikbaar het en hy kan meer of minder ekonomies gemaak word. Ek gaan die resep weergee soos wat hy vir my die heel lekkerste is, maar ek sal in hakkies die meer ekonomiese alternatief gee.

Jy benodig…

2 ½ koppies gaar rysnoedels (of rys)

2 koppies gevlokte gaar snoek (of twee blikkies fyn tuna gedreineer)

3 eetlepels (100ml) mayonnaise

3 eiers (geklits)

1 koppie melk

1 medium ui (fyngekap)

Hand vol vars pietersielie (fyngekap)

Sout en peper

1 ½ koppie gerasperde cheddar kaas

 

Voorverhit die oond tot 180⁰C. Meng al die bestandele behalwe die kaas saam. Skep dit in ‘n groot gesmeerde oondbak. Strooi die kaas bo-oor. Bak vir 30 min.

Baie lekker saam met ‘n bak slaai en ‘n vars broodjie.

Genoeg vir so 4 na 6 mense.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s