Resepte

Idealmelk Koek

Ideal melk is een van daardie handelsmerk spesifieke name wat so bekend geraak het dat mense die naam van die spesifieke produk gebruik om na die soort produk te verwys. Nog ‘n voorbeeld hiervan is Maziena (wat mielieblom is) en Cutex (wat naellak is). Een manier om vinnig te leer wat die produk se oorspronklike naam is, is om in ‘n ander land daarvoor te soek! Dan leer jy gou waarvoor om te soek, veral as die handelsmerk wat jy ken nie beskikbaar is in die vreemde land nie.

Ingedampte melk word in sommige lande ook verkoop as onversoete kondensmelk. Dit is ‘n produk wat van melk gemaak word waarvan tot 60% van die water verwyder is uit die melk. Dit het ‘n lang raklewe en kan selfs gbruik word om melk te vervang. Volgens Wikipedia kan jy basies melk weer “maak” deur ingedampte melk met dieselfde hoeveelheid water te meng. Dit was veral popule^r dus in die tyd voor yskaste die norm geraak het. In Nederland word dit verkoop as Koffiemelk. Soos die naam aandui drink die Nederlanders dit in hul koffie in plaas van melk. Ek het dit al so gedrink en dit gee die koffie ‘n baie ryk, romerige smaak…baie lekker!

Een van die baie gewilde maniere om ingedampte melk te gebruik is in ‘n malva-poeding se sous…   Sjokolade koek is heerlik en malva poeding is nog lekkerder… Wat as jy die twee kon kombineer om ‘n ongelooflike, lekker koek te kry wat klam en ryk is? Dis presies wat hierdie koek is! Die beste is, dis o so maklik en vereis geen koek-versier vaardighede nie. Hier is die resep…

Jy benodig…

Koek:

375 ml Meel
250 ml Melk
250 ml Suiker
2 ml Sout
10 ml Bakpoeier
125 ml Olie
60 ml Kakao
125 ml Kookwater
4 Eiers

Sous:
¾ Blik Ideal Melk
125 ml Suiker

Versiering:
1 plak heelneutsjokolade
1 plak donker sjokolade
¼ Blikkie Ideal Melk

Voorverhit die oond tot 180º C. Skei die eiers. Klits eierwitte tot styf. Meng die meel, suiker en sout saam. Meng die kakao met die kookwater, melk en eiergele. Maak gaatjie in die meel mengsel. Voeg eerste olie en dan die kakao-mengsel by. Klits goed.

Voeg die bakpoeier by die eierwitte en klits weer. Vou eierwitte in by die meel en kakao-megsel. Gooi die mengsel in ‘n reghoekige oondbak (die koek bly in die bak, so moenie in gewone koekpanne bak nie). Bak vir 30 tot 40 minute tot ‘n tandestokkie skoon uit die middel kom.

Om die sous te maak: Terwyl die koek bak, kook ¾ van die blikkie ingedampte melk en suiker saam. Sodra die koek uit die oond kom, maak gaatjies in die koek met ‘n dun voorwerp soos tandestokkies of ‘n sosatie-stokkie. Gooi die stroop oor die koek. Laat die koek heeltemal afkoel.

Vir die versiering:  Smelt sjokolade saam met ¼ Blikkie van die ingedampte melk in die mikrogolf-oond (as jy dit net vir ‘n kort rukkie insit tot alles begin warm raak en dan roer met ‘n draadklitser sal die sjokolade smelt sonder om te brand). Gooi die sjokolade sous oor die koek.

To the English readers…sorry for neglecting you.  Here is the ingredients in English:

Cake:

375 ml Flour
250 ml Milk
250 ml Sugar
2 ml Salt
10 ml Baking Powder
125 ml Oil
60 ml Cacao
125 ml Boiled Water
4 Eggs

Sauce:
¾ Can Ideal Milk
125 ml Sugar

Icing:
1 slab wholenut milk chocolate
1 slab dark chocolate
¼ Can Ideal Milk

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s