Kombuis Wenke

Kombuiswenk : Vreemde bestandele (meestal Amerikaans…)

Ek geniet dit om party keer op die internet rond te krap vir nuwe resepte.  Daar is derduisende websites en blogs en ek is seker daarvan jy sal ‘n resep kan vind vir enige bestandeel wat jy aan kan dink en enige dis wat al uitgedink is.  Wat dan nou tipies egter gebeur as dit ‘n resep is wat in ‘n vreemde land geskryf is, is dat ons nie die bestandele ken nie of dit is dalk doodeenvoudig nie beskikbaar in Suid Afrika nie.  My grootste wenk aan jou as jy so iets sou oorkom is…Moenie Moed Opgee Nie!!  Doen eers bietjie navorsing voor jy sommer goedsmoeds besluit jy gaan iets nie maak nie omdat dit ‘n volksvreemde bestandeel of twee in het.  Wat ek nou al agtergekom het is dat 8 uit die 10 keer is dit iets wat ons net ‘n ander naam voor het of ons het iets soortgelyks wat mens in die resep kan gebruik.  Jy gaan uitmis op wonderlike, interressante resepte as jy nie dit gaan doen nie!

Hier is ‘n paar van die vreemde bestandele wat ek al teëgekom het en die vervangers daarvoor…

  • ‘Baking soda’ en ‘bicarbonate of soda’ is verskillende name vir dieselfde ding.  In Amerika gebruik hulle meestal die term baking soda, maar dit is basies koeksoda.
  • ‘Bisquick’… dis ‘n voorafgemengde bak mengsel wat in Amerika in baie gebak gebruik word.  Dit kan as volg vervang word: 1 koppie Bisquick = 1 koppie meel + 1 1/2 teelepel bakpoeier + 1/2 teelepel sout + 2 1/2 eetlepels olie of gesmelte botter/ margarine wat jy invryf met jou vingerpunte.
  • ‘Confectioners sugar’ = versiersuiker
  • ‘Panko’ … dit word gebruik in sekere Japanese disse.  Dis basies broodkrummels wat gemaak word sonder om die broodkorsies te gebruik.  Dis blykbaar ligter en absorber minder olie as dit gebruik word om kos wat gediepbraai word mee te bedek.  Behalwe vir dit kan broodkrummels gebruik word.
  • ‘Corn syrup’ …dis basies goue stroop
  • ‘Crisco’ …dis ‘n soort margarien soos ek dit verstaan.  Jy kan ook botter gebruik.
  • ‘Bouillon granules’ …dit is aftreksel poeier. Jy kan ‘n aftreksel blokkie gebruik.
  • ‘Graham crackers’ of ‘digestive biscuits’ … ‘n soort van digte, hawermout koekie. Digestive biscuits kry jy wel te koop in Suid Afrika, maar dit is wel nogals duur. As dit in ‘n kors gebruik moet word kan jy tennisbeskuitjies ook gebruik.

Volgende week pak ek room aan…dubbel, enkel, swaar en lig en die tipies Amerikaanse ‘half-and-half’…. Hier by ons kry jy mos net room…  so hoe nou?

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s