Resepte

Soetpatatslaai

Aartappelslaai gaan saam met braaivleis soos brood saam met konfyt. Dis gewoonlik die eerste bykos (behalwe dalk braai-broodjies) waaraan mense dink as hulle braai. Ons het almal met aartappelslaai groot geword en ek ken baie min mense wat nie lief is daarvoor nie. Maar hoe nou gemaak vir die gesondheids-bewustes onder ons vir wie daardie lepels en lepels vol mayonnaise nie so ‘n goeie plan is nie… en wat van die mense wat probeer terugsny op die stysel? Ek het so ‘n ruk terug afgekom op ‘n resep vir herders-pastei met soetpatats op in plaas van aartappels (ek post hom volgende week…) en dit het my laat wonder of mens nie ‘n effens gesonder weergawe van slaai kan maak, maar in plaas van aartappels gebruik jy soet-patats. En toe kry ek hierdie slaai op Weg se webtuiste…

OK, ek weet dat soetpatats ook ‘n stysel-ryke kos is, maar as jy dit gewig vir gewig vergelyk met aartappels, het soetpatats meer vitamiene C, minder kaloriee:, minder koolhidrate en meer vessel. Soetpatats bevat ook ‘n ongelooflike hoeveelheid vitamiene A. Natuurlik moet mens nogsteeds matigheid voor oe: hou, maar hoekom dan nou nie maar iets gesonder probeer eet nie. Die bonus van hierdie slaai is dat dit iets anders is as die gewone, baie maklik is om te maak en dit smaak regtig vorentoe. Jy kan maklik die slaai meer of minder maak na smaak.

Wat jy benodig…

2kg soetpatats

¼ koppie (60 ml) plus 2 eetlepels olyfolie

2 knoffelhuisies (gerapser)

1 eetlepel Dijon mosterd

2 eetlepels sojasous

2 eetlepels heuning

2 eetlepels rooiwynasyn

Sout en swartpeper na smaak

½ tot 1 koppie pecan- of okkerneute (fyngekap)

1 groot hand vol basilieblare (fyngekap)

5 of 6 sprietuie (fyngekap)

 

Voorverhit die oond tot 200°C. Sny die patats in stukke (so 3cm by 3cm blokkies) en pak op ‘n bakplaat. Sprinkel die kwart koppie olyfolie oor en bak vir sowat 25min in die oond tot goudbruin (draai die stukkie halfpad deur om).

Meng intussen die knoffel, mosterd, sojasous, heuning, ekstra olyfolie en asyn goed saam.

Sprinkel die sout, peper, neuter, basilie en sprietuie oor die geroosterde soetpatats. Meng nou alles saam. Skep in ‘n slaaibak en drup die slaai sous oor. Bedien warm of koud. (Die slaai raak al hoe lekkerder hoe langer hy staan.)img_6620

The list of ingredients in English…

2kg sweet potatoes

¼ cup (60 ml) plus 2 tablespoons olive oil

2 garlic gloves (grated)

1 tablespoon Dijon mustard

2 tablespoons soya sauce

2 tablespoons honey

2 tablespoons redwine vinegar

Salt and pepper to taste

½ to 1 cup pecannuts or walnuts (chopped)

1 big hand full of basil leaves (chopped)

5 or 6 spring onions (chopped)

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s