Kombuis Wenke

Kombuiswenk : Room, room en room…

In Suid Afrika het ons groot geword met room…net room.  Niks ge”heavy” room of “double-thick” room nie.  Room was altyd net room.  Eers toe ek in Engeland gaan bly het, het ek vir die eerste keer te make gekry met verskillende soorte room.  Daar het hulle “single cream” en “double cream”.  In Amerika kry jy soortgelyke onderskeid, maar jy kry daar ook nog wat hulle noem “half and half”.  So wat is al hierdie veskillende soorte room en hoekom is dit belangrik om te weet.

Om net eers by die hoekom deel uit te kom… ek lees nogals baie oorsese resepte en daarin word daar onderskeid getref tussen al hierdie soorte room.  Dit is dus belangrik om te weet waarvan hulle praat as hulle dit so spesifiek noem in ‘n resep.

Wat is die verskil?  Wel, die antwoord lê lyk my in die room se vet-inhoud of vet-persentasie…

Volgens ‘n Amerikaanse webtuiste (thekitchn.com) is hierdie die vet persentasies van die verskillende soorte room:

  • “Half-and-half” bevat 12 persent vet
  • “Light cream” bevat 20 persent vet
  • “Whipping cream” bevat 35 persent vet
  • “Heavy cream” bevat 38 persent vet

Hoe hoër die vet inhoud, hoe dikker die room en hoe makliker klop dit styf.  Blykbaar sal die tipes room met die hoër vet inhoude ook nie so maklik skif as jy dit in ‘n resep moet gebruik waar jy die room verhit soos vir sop of souse.

Nou hoe gemaak as jy dan nou ‘n resep kry met spesifiek een van bo-genoemde in?  Die maklikste een is die “half-and-half”.  Volgens myrecipes.com kan dit direk vervang word met volroommelk.  Jy kan ook selfs tot helfte room en helfte melk gebruik as jy graag die resep wil ryker maak.  Wat betref end ander, kan ons Suid Afrikaners maar net gewone room gebruik.  Ons room is soortelyk aan “heavy cream”, so dit sal ook makliker styf klop.  Indien jy glad nie room het nie kan jy wel ‘n ander plan maak…  Volgens myrecipes.com kan jy 3/4 koppie melk en ‘n 1/3 koppie botter gebruik om 1 koppie room te vervang in ‘n resep.  Let wel…dit sal egter glad nie werk waar die room styfgeklits sou moes word nie en slegs waar die room as deel van die vloeistof van ‘n resep gebruik word.

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s