Resepte

Soetpatatherderspastei

  • img_6621Herderspastei is een van daardie disse wat mense nie omgee om te eet nie, maar baie min mense wat ek ken raak vreeslik opgewonde daaroor. Dit word so half gesien as die stief-boetie van lasagne. Iets wat jy in die koshuis gekry het op ‘n Woensdag aand as al die ander interressante kos opsies al opgeraak het. Ek het nog nie regtig slegte herderspastei ge-eet nie, maar ek kan ook nou nie juis sê dat ek al een ge-eet het wat my na nog laat voel het nie. Met dit ingedagte het ek iewers op ‘n stadium so paar jaar terug op ‘n missie gegaan om ‘n lekker herderspastei te kry. Ek kry toe die resep en hy smaak heel lekker, maar na iemand vir my voorgestel het dat ek eerder soetpatats vir die bolaag moet gebruik as aartappels het ek nog nooit weer teruggekyk nie. Hierdie resep is heerlik, geurig en iets wat ek al oor en oor gemaak het.

Soos ek laas week belowe het, hier is my weergawe van herderspastei met ‘n soetpatatbolaag. Dis aangepas van ‘n resep wat ek in die Top 500 Wenresepte van Carmen Niehaus gekry het. Ek het dit effens verander na my smaak.

Jy benodig…

Kookolie vir vlakbraai

1 medium ui (gekap)

2 knoffelhuisies (fyngedruk)

3 repe spekvleis (in stukkies gesny

750 g maalvleis (bees werk goed, maar as jy nog gesonder wil wees behoort volstruis ook te werk)

1 blik (400 g) heel tamaties (gekap)

65 ml (1 pakkie) tamatiepasta

5 ml (1 teelepel) droë basiliekruid

2 ml (1/2 teelepel) neutmuskaat

5 ml (1 teelepel) witsuiker

Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

 

Bolaag:

4 na 5 groterige soetpatats (sowat 1 kg)

150 ml melk

2 ml (1/2 teelepel) bakpoeier

 

Voorverhit die oond tot 180⁰C. Verhit die olie in ‘n groot pan en soteer die ui en knoffel tot sag en deurskynend. Voeg die spekvleis by en braai tot gaar. Voeg die maalvleis by en roerbraai tot gaar. Voeg die tamaties en res van die geurmiddels by. Laat dit kook, verlaag die hitte en laat 20min prut tot geurig.

Kook intussen die soetpatats in soutwater tot sag. Dreineer hulle, skil en druk fyn. Voeg die melk en bakpoeier by. Meng tot lekker lig en geur met sout en peper. Skep op die maalvleis, maak gelyk en bak tot effens goudbruin bo-op. (sowat 15 na 20minute)

Die resep lewer 4 tot 6 porsies en dis heerlik saam met ‘n groot bak groen slaai.

 

English list of ingredients…

Oil for frying
1 medium onion (chopped)
2 garlic gloves (minced)
3 rashers bacon (cut into pieces)
750 g mincemeat (either beef or ostrich)
1 can (400 g) whole tomatoes (chopped)
65 ml (1 packet) tomato paste
5 ml (1 teaspoon) dried basil
2 ml (1/2 teaspoon) nutmeg
5 ml (1 teaspoon) white sugar
Salt and freshly ground black pepper to taste

Top layer:
4 to 5 medium sized sweet potatoes (about 1 kg)
150 ml milk
2 ml (1/2 teaspoon) baking powder

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s