Resepte

Gebakte hoender op drie maniere..

Ek is seker daarvan ek het dit al genoem…maar ek is besonders lief vir een-skottel, druk-dit-in-die-oond geregte.  Dis min moeite, kom meeste van die tyd lekker uit en is gewoonlik baie maklik.  Plus, as jy nie ‘n braaiplek het nie (wat altyd ‘n jammerte is), kan hierdie manier van kosmaak ‘n goeie tweede opsie wees in my opinie.

Die resepte wat ek vandag gaan publiseer is vir hoenderstukke wat gebak word in die oond.  Jy kan enige hoenderstukke gebruik en enige kombinasie ook.  Ek het al met van die resepte net vlerkies gemaak of net boudjies, maar soos ek sê…enige hoenderstukke werk.  Die geheim is om dit nie droog te bak nie, maar as jy die resepte volg vir die marinades dan is die kans skraler daarvoor.

Ek gaan hier drie verskillende resepte gee vir marinades waarin die hoenderstukke in gemarineer kan word vir ten minste ‘n uur voor dit gaargemaak word.  Ideaal gesproke sou jy dit egter oornag wou laat marineer, so beplan dalk maar om dit so te doen.

Marinade 1 : Jogurt suurlemoen hoender
½ koppie volroom ongegeurde jogurt
Sap van ½ suurlemoen
Suurlemoen “zest”
2 eetlepels Olyfolie
1 knoffelhuisie (gekap en gekneus)
1 teelepel paprika
1 teelepel sout

Marinade 2 : Soetrissie en knoffel hoender
¼ koppie olyfolie
¼ koppie soja-sous
½ koppie soetrissie sous (“sweet-chilli” sous)

Marinade 3 : Karringmelk hoender
1 tot 2 koppies karringmelk
¼ koppie olyfolie
2 knoffelhuisies (gekap en gekneus)
1 teelepel komyn
1 eetlepel heuning
1 eetlepel growwe pepper
1 teelepel sout

Meng jou keuse van marinade. Plaas die hoenderstukke (so 8 stukke) in die marinade en los dit oornag of ten minste een uur in die marinade. Gooi die hoenderstukke in ‘n oondbakpan wat met kleefwerende kossproei gespuit. Bak die hoender in ‘n voorafverhitte oond. Bak eers by 200°C vir sowat 30 na 40 minute en sit dan die rooster-element aan vir so 10 na 15 minute.  Toets of die hoender gaar is deur ‘n skerp messie in die dikste deel van die vleis te steek.  As daar helder vloeistof uitloop en nie bloederigheid nie, is die hoender gaar.

Bedien saam met groente of vars slaai en brood.

 

English list of ingredients…

Marinade 1 : Lemon-yogurt chicken
½ cup full-cream plain yogurt
Juice of ½ lemon
Lemon zest of 1 lemon
2 tablespoons olive oil
1 garlic glove (crushed)
1 teaspoon paprika
1 teaspoon salt

Marinade 2 : Sweet-chilli and garlic chicken
¼ cup olive oil
¼ cup soya sauce
½ cup sweet-chilli sauce

Marinade 3 : Buttermilk chicken
1 to 2 cups buttermilk
¼ cup olive oil
2 garlic gloves (crushed)
1 teaspoon cumin
1 tablespoon honey
1 teaspoon coarse black pepper
1 teaspoon salt

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s