Resepte

Hoenderbreyani (‘n “kroek” weergawe..)

IMG_7081Enigiemand wat in die kaap groot geword het sal vir jou kan vertel dat ‘n lekker Breyani een van die lekkerste Kaaps-Maleise disse is. Dis vol geur en heerlik vullend. Die regte manier om die woord te spel is Biryani. Breyani is glo ‘n Suid Afrikaanse manier van die woord skryf. As jy die geskiedenis en agtergrond van Breyani (of dan nou Biryani) gaan navors dan sal meeste bronne vir jou verskillende weergawes van die storie agter Breyani gee. Party bronne sê dat dit oorspronklik deur Arabiese of Persiese handelaars na Indië gebring is. Ander bronne sê weer dat dit ‘n dis is wat oorspronklik deur Indiese vegters in oorloë ge-eet is (omdat dit alles in een dis gemaak word wat voorbereiding makliker gemaak het). Of dit ‘n suiwer Indiese agtergrond het en of dit ‘n Arabiese geurtjie het is vandag van minder belang. Dit word wyd in Indië gemaak en elke streek het sy eie weergawe van hierdie dis. Dit word veral in die Suide gereeld in plaaslike kos gesien waar rys meer gereeld gebruik word as die basis van disse. Gelukkig vir ons, het die dis dit ook tot in Suid Afrikaanse kos-geskiedenis gemaak. Dit het ‘n belangrike dis in die Kaaps-Maleise kos tradisie geraak. Elke huis en familie maak sy resep so klein bietjie anders as die volgende een… en elkeen sweer by sy resep en dat sy resep die beste is.

Om Breyani reg voor te berei vat tyd en moeite. Dis ‘n langsame proses met vleis wat eers gemarineer moet word, speserye wat reg voorberei moet word en lae wat gepak moet word. Ek het eendag op ‘n kort-pad resep vir Breyani afgekom in ‘n Tuis tydskrif en sedertdien maak ek hierdie resep redelik gereeld. Let wel…dis nie ‘n outentieke manier van Breyani maak nie en ek dink ek sal ‘n paar dames van die Bo-kaap redelik skok as ek dit selfs eens net Breyani noem… Maar dis ‘n maklike resep wat ook geurig is en regtig heerlik smaak. Noem dit dan maar eerder ‘n tipe hoender en rys kerrie gereg as dit jou beter laat slaap, maar dit bly lekker! (Resep aangepas van ‘n oorspronklike resep in Tuis van Oktober 2011.)

Jy benodig…
10 na 12 baba aartappels (gehalveer)
4 tot 8 hoenderstukke (boudjies en dytjies)
15 ml olyf-olie
30 ml sonneblomolie
10 ml elk borrie, fyn koljander, komyn en hoender or Breyani masala (jy kan gewone Kerrie-poeier gebruik, maar die masala is heelwat lekkerder)
2 knoffelhuisies (fyngekap en gekneus)
1 duimgrootte stuk vars gemmer (geskil en gerasper)
1 groot ui (in ringe gesny)
1 kop (250 ml) basmati of Jasmyn rys
1 blik lensies (gedreinieer)
1 kop (250ml) hoenderaftreksel

Kook die aartappelhelftes in ‘n pot soutwater tot net-net sag. Hou eenkant. Maak ‘n pasta met die knoffel, gemmer, speserye en olyfolie. Vryf die hoenderstukke daarmee in. Verhit die sonneblomolie in ‘n dikboomkastrol (ek gebruik my stoompot…dit werk dan lekker as jy later die rys moet stoom). Braai nou die hoenderstukke in die olie tot halfgaar en goed bruin buite. Skep uit en hou eenkant. In dieselfde pot, braai die uie ringe tot dit begin verkleur. Gooi die rys by en braai vir nog ‘n minuut. Voeg ekstra olie by indien die rys nie lekker met die uie en olie meng nie. (die rys moenie swem in die olie nie, maar dit moet ook net redelik aangeklam wees met die olie). Draai die hitte op jou plaat nou af tot lae hitte.

Meng die lensies en aartappels in by die rys. Skep die hoenderstukke bo-op en gooi die aftreksel by. Sit die deksel op en laat stoom oor lae hitte vir 20 tot 25 minute (die stoompot werk baie lekker hier as jy een het en weet hoe om hom veilig te gebruik).

Toets of die rys en hoender gaar is. Bedien met ongegeurde jogurt en ‘n slaai van gekapte tamaties en gekapte, vars koljander (Dhania).

 

English list of ingredients…

10 to 12 baby potatoes (halved)
4 to 8 chicken pieces (thighs and drumsticks)
15 ml olive oil
30 ml sunflower or canola oil
10 ml each turmeric, fine coriander, cumin and chicken or Breyani masala (you can use normal curry powder, but the masala adds a nice flavour)
2 garlic gloves (crushed)
1 thumb sized piece of fresh ginger (pealed and grated)
1 big onion (cut into rings)
1 cup (250 ml) basmati or Jasmine rice
1 can lentils (drained)
1 cup (250ml) chicken stock

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s