Resepte

Gebakte Appeltert (of poeding)

IMG_6958Toe ons kinders was het my ma een van twee weergawes van appeltert gemaak. Die een weergawe is meer wat die engelse sou noem ‘n “Appel Crumble” met speserye en rosyne en ‘n krummelkors bo-op. Die ander weergawe was ‘n gebakte appeltert wat meer soos ‘n gebakte poeding was wat ‘n sous bo-op kry sodra hy uit die oond kom. Altwee die terte is vir my heerlik en op sy tyd kan elkeen goed werk. Ek gee hier die resepe vir die gebakte tert weergawe wat meer soos ‘n gebakte poeding is. Die oorspronklike resep kom tien teen een uit ‘n ou en bekende resepte boek (ek ken ‘n klomp mense wat groot geword het met hierdie tipe tert), maar ek het dit uit my ma se eie resepteboek uit afgeskryf, so dit is waar my weergawe vandaan kom.

Jy benodig…
1 koppie (250 ml) suiker
3 eetlepels (45 ml) botter (sag gemaak)
3 eiers
¼ koppie (60 ml) melk
1 ½ koppie bruismeel
½ teelepel bakpoeier
Knippie sout
½ teelepel kaneel (opsioneel)
1 blik appel segmente (gedreineer) (410g blik)

Sous:
1 blik ingedampte melk
1 koppie suiker (ek gebruik gewoonlik net ‘n ½ koppie)
5 ml vanielje

Voorverhit oond tot 180°C. Smeer ‘n medium grootte bak of spuit met kleefwerende kos-sproei. Klits die suiker en botter goed tot geroom. Voeg die eiers een-een by en klits goed tussen elke eier. Sif die droee: bestandele saam. Roer die melk en die droee: bestandele om die beurt by die botter mengsel. Skep die beslag in die bak. Sit die appels bo-op. Bak oop vir 30 tot 40 minute tot ‘n toetspen skoon uitkom.

Meng alles vir die sous saam in ‘n kastrol. Verhit dit tot kookpunt en laat 5 minute prut. Gooi dit warm oor die tert sodra hy uit die oond kom.

Bedien met roomys en/of vla.

NS: moenie die ingedampte melk met room vervang nie…dit werk nie so goed nie. Jy kan wel die appel segmente met peer segmente vervang of selfs ‘n kombinasie daarvan.

 

English list of ingredients…

1 cup (250 ml) sugar
3 tablespoons (45 ml) butter (softened)
3 eggs
¼ cup (60 ml) milk
1 ½ cup self-raising flour
½ teaspoon baking powder
Pinch of salt
½ teaspoon cinnamon (optional)
1 can apple segments (drained) (410g can)

Sauce:
1 can evaporated milk
1 cup sugar (I usually only use ½ cup)
5 ml vanilla essence

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s