Uncategorized

Reen weer is pannekoek weer..

IMG_7456Die reën in die kaap is klink my uiteindelik oppad!  Reën weer is pannekoek weer en dus gee ek hierdie week ‘n resep vir pannekoek.  Ek persoonlik hou die meeste van pannekoek met tradisionele kaneelsuiker op, maar ek weet party mense geniet ‘n bietjie suurlemoen sap ook saam met hulle.  Of jy hom nou vul of net met kaneelsuiker eet…pannekoek bly ‘n heerlike Suid- Afrikaanse gebak sinoniem met die winter in die kaap!

As ek bietjie raad kan gee oor pannekoek bak is dit om jou pan en stoof te ken en dan nie te oorhaastig te wees nie.  Veral met die eerste pannekoek.  Die pan moet redelik warm wees teen die tyd dat jy die eerste keer beslag in die pan gooi.  Dis ook baie makliker om die pannekoek om te draai as hy eers heeltemal gaar is aan die onder kant.  Kyk na die randjie… as hy begin verbruin is jy daar.

Jy benodig…

500 g bruismeel
3 eiers
1 ½ teelepel bakpoeier
60 ml asyn
3 koppies water
1 ½ koppies melk (of vervang die water en melk met 4 ½ koppies water)
150 ml kookolie
½ teelepel sout

Sif die droeë bestandele saam. Meng die res van die bestandele in en klits tot glad. Laat staan ten minstens 20 min voor begin bak.  Bak in ‘n warm pan oor hoë hitte.  Gooi ‘n dun lagie deeg in die pan.  (die beste is om ‘n 1/2 koppie maatkoppie vol omtrent op ‘n slag in die pan te gooi…draai die pan soos wat jy die deeg stadig ingooi sodat jy die bodem van die pan volkome bedek).  Draai om sodra die onderkant gaar is.  As die ander kant ook gaar is, keer uit op ‘n bord.  Bak tot die deeg op is.  (die deeg hou so ‘n week in die yskas)

Geniet saam met kaneelsuiker.

English list of ingredients…

500 g selfraising flour

3 eggs

1 1/2 teaspoons baking powder

60 ml vinegar

4 1/2 cups water (or 3 cups water and 1 1/2 cups milk

150 ml oil

1/2 teaspoon salt

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s