Resepte

Vark Lendestuk (Pork Loin) Roerbraai

IMG_7322Ek het ‘n heel paar vriende wat oorspronklik van Namibië af kom. Om die waarheid te sê dink ek meeste van hulle beskou hulself nogsteeds as Namibiërs. En dis ook reg so. Al trek ek ook môre dalk Engeland toe, sal ek vir altyd myself beskou as ‘n Suid Afrikaner. Hoe dit ookal sy… Die een ding wat my altyd eindeloos beïndruk van al die Namibiërs wat ek ken is hul respek vir vleis en die manier hoe hulle net weet hoe om met vleis om te gaan. Ek sê altyd daar is baie min mans wat ek vertrou om biefstuk perfek te braai, maar my Namibiese vriende tel almal onder daardie garde.

Een so ‘n vriend van my bly hier in die kaap. Oor die jare het ek al verskeie verskriklike heerlike geregte by hulle aan huis ge-eet (sy vrou maak asemrowende slaaie).  Veral as daar gebraai word sien mens uit na ‘n heerlike maal. Hierdie gereg is egter nie braaivleis nie en ook nie eens rooivleis nie. Maar dis heerlik en toe ek hulle vra vir ‘n resep en hy gee my hierdie een, was ek baie dankbaar. Dis heerlik en geurig. Ek gebruik hier en daar die woorde net soos dit in die resep aan my gegee is.

Vir die resep benodig jy:
500 g vark lendestuk in skyfies gesny
400 g sampioene, skyfies gesny
3 knoffelhuisies vergruis
25 ml heuning
5 ml geel mosterd saad
5 ml swart mosterd saad
15 ml gemaalde, geroosterd koljander
75 ml griekse jogurt
Swart peper en sout na smaak
50 ml soja sous
60 ml kokosneut olie
Drie kleure groente (rooi kool, wortels en groen soet rissies), Klompie van elk, dun gesny (Ek het so een tot twee koppies van elk min of meer gebruik)

Marineer die vark in die heuning, mosterd, koljander en sout en peper vir so 30min terwyl jy die groente sny.

Die vleis en groente word in aparte panne gemaak. Maak panne elk met helfte van die olie stink warm. Braai vleis en knoffel saam tot dit begin verbruin. Sit dan die sampioene by. Braai tot die ook lekker bruin is. Haal van hitte af en meng jogurt by.

Terselfde tyd braai die drie groentes vir 4 minute in olie. Voeg soja sous by en braai tot soja goed verminder is. Bedien vlees op die groente.

 

English list of ingredients…

500 g pork loin (cut into strips)
400 g mushrooms (cut into pieces)
3 garlic gloves (crushed)
25 ml honey
5 ml yellow mustard seeds
5 ml black mustard seeds
15 ml crushed coriander seeds
75 ml greek yogurt
Salt and black pepper to taste
50 ml soya sauce
60 ml coconut oil
Three different colours of vegetables (red cabbage, carrots and green pepper) 1 to 2 cups of each (cut into strips)

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s