Resepte

Appelkrummelpoeding

As die dae begin kouer word en die nagte begin langer word begin sekere kosse meer aanloklik lyk. Jy begin verlang na “knus-kos”…kos wat jou laat dink aan aande voor ‘n kaggel of onder ‘n kombers opgekrul lê. Die Engelse noem dit “comfort food”. Ek dink aan ryk souse, swaarder snitte vleis, diep rooiwyne en as dit by poedings kom dink ek aan kaneel en gemmer geure…gebakte poedings…van die soort wat vra vir ‘n lekseltjie vla om hom af te rond.

Toe ek so paar weke terug die resep vir Appeltert/poeding getik het, het ek genoem van die ander opsie met appels, naamlik ‘n appelkrummelpoeding (die engelse noem hom ‘n “apple crumble”). ‘n Oostenrykse vriendin van my het eenkeer vir ons haar weergawe gemaak van ‘n appelkrummelpoeding en sedert daardie dag het ek al ‘n heel paar resepte probeer om dieselfde lekker resultaat te kan lewer. Hierdie resep het ek toe iewers op ‘n webtuiste gesien (ek kan helaas nie meer onthou waar nie) en ek het hom nou al aangepas en verander om die resep te kry wat vir my goed werk.

Jy kan enige appels gebruik. Ek het al die resep suksesvol met rooi en groen appels gemaak, maar maak net seker die appels is nie melerig nie. Iets soos ‘n Granny Smith wat nogals suur is werk ook nie vir my so goed nie, maar as dit al is wat jy het sal dit seker ook kan werk. Die fout wat ek altyd gemaak het is om dit in ‘n te vlak, te groot bak te maak. My bak wat die beste werk is sowat 6 cm diep en 20 cm by 20 cm groot.

Jy benodig…
6 tot 8 kleinerige appels (geskil en ontpit om so tussen 450g en 500g te weeg)
2 eetlepels goue strooisuiker (fyner tipe bruin suiker)
5 ml fyngemaalde gemmer
10 ml kaneel
knypie fyngemaalde naeltjies (opsioneel)
175 g koekmeel
110 g goue strooisuiker
110 g koue botter
1 eetlepel hawermout (“rolled oats”)
1 eetlepel demerara suiker (die donker bruin suiker…die soort wat “lewe”)

Voorverhit die oond tot 190°C (170°C met ‘n waaier oond). Skil en ontpit die appels. Sny in 1 cm dik skywe. Gooi die 2 eetlepels strooisuiker, die gemmer, naeltjies en 5 ml van die kaneel by die appels. Meng goed. Spuit die bak met kleefwerende kossproei en skep die appels daarin. Druk die appels plat in die bak.

Plaas die meel, orige kaneel en 110 g strooisuiker in ‘n bak. Sny die botter in blokkies of rasper dit in en vryf dit in die meel in tot dit soos growwe broodkrummels lyk. Jy kan ook ‘n voedselverwerker gebruik hiervoor, maar passop om dit te fyn te maak…dit moet nog effens grof wees.

Gooi die kors mengsel oor die appels in die bak en maak dit mooi gelyk bo-op. Druk dit versigtig vas oor die appels. Sprinkle die hawermout en demerara suiker eweredig bo-oor. Bak vir 35 tot 40 minute in die voorverhitte oond. Laat vir 10 minute afkoel voor jy dit bedien.

Heerlik saam met vla en/of roomys.

 

English list of ingredients…

6 to 8 smallish apples (peeled and cored to weigh about 450g)
2 tablespoons golden castor sugar
5 ml ground ginger
10 ml cinnamon
Pinch of ground cloves (optional)
175 g flour
110 g golden caster sugar
110 g cold butter
1 tablespoon rolled oats
1 tablespoon demerara sugar

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s