Resepte

Gekrummelde vark tjops

IMG_7411Party aande het mens regtig net ‘n vinnige “go-to” resep nodig wat vinnig en maklik en min moeite is.  Die tipe ding wat jy net eenvoudig weet gaan lekker uitkom en waarvoor jy een of twee bestandele net sal moet vinnig kry by die supermark.  Hierdie resep is een van my nuwe “go-to” resepte.  Dis vinnig en maklik en as jou mense hou van vark-vleis,  ‘n regte “crowd-pleaser” soos die engelsman sou sê.

Die een ding wat net regtig waar nogals belangrik wel is met hierdie resep is die snit van varkvleis wat jy gaan kies.  Vir my is die varknek-steaks wat geen been in het nie die lekkerst vir hierdie resep.  Daar is ook ‘n fyn balans tussen om ‘n te dun tjop te gebruik (wat maklik kan taai bak) of ‘n te dik een te gebruik (wat dalk nie heel gaar gaan bak nie).  Hierdie resep werk goed met standaard dik tjops van so 2 cm dik.

Wat jy benodig…
4 varktjops
Omenby ½ koppie meel
1 eier (geklits)
Omenby ½ koppie broodkrummels
1 teelepel gedroogde tiemie of roosmaryn
½ teelepel paprika (opsioneel)
Olyfolie

Voorverhit jou oond tot 220°C. Sit drie borde neer op die werksoppervlak. Die eerste een kry die meel en speserye in (gemeng), die tweede een die eier (‘n vlak bakkie sal beter werk as ‘n bord hier) en die derde een die broodkrummels. Rol die tjops eerste in die meel, doop dan in die eier en laastens in die broodkrummels. Maak seker albei kante is goed bedek met alles.

Smeer ‘n oondskottel goed met die olyfolie en pak die vark tjops in die bak. Bak nou die tjops in die voorverhitte oond vir tien minute aan die een kant. Draai om en bak nog 10 minute aan die ander kant. As die sap wat uitkom as jy die tjop sny helder is, is die tjops gaar.

Bedien dit nou saam met gestoomde groente. Of jy kan sommer terwyl jy die tjops bak, groente in die oond ook sommer bak.

 

English list of ingredients…
4 pork chops
½ cup flour
1 egg
½ cup breadcrumbs
1 teaspoon dried thyme or rosemary
½ teaspoon paprika (optional)
Olive oil

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s