Resepte

Botterskorsiesop

 

Botterskorsies is wyd bekend in baie dele van die wereld. Dit word gesien as deel van die pampoen familie en is ryk aan vitamiene C, Magnesium en Kalium. Die engelse naam, “butternut” het sy oorsprong by die vrou wie se man dit in die 1940’s begin groei het. Dit was in Massachusetts in Amerika. Sy het volgens oorlewering gesê dat die pampoen is “as smooth as butter, sweet as a nut”.

Botterskorsiesop het ek eintlik eers vir die eerste keer leer eet na skool. Dis ‘n heerlike gereg wat op verskeie maniere voorberei kan word. Die resep wat ek hier gee het ek by ‘n baie goeie vriendin gekry wat saam met my ‘n huis gedeel het toe ek in Londen gebly het, Elrika Vlok. Dis die enigste manier hoe ek botterskorsiesop maak sedert ek hierdie resep gekry het. Die hoeveelhede kan aangepas word afhangend van hoeveel mense jy voor kook. Hierdie resep is genoeg vir so 2 na 4 mense, afhangend van hoe honger almal is.

Jy benodig…
1 ui (grof gekap)
So 2 eetlepels botter
1 teelepel Kerrie poeier
2 klein of 1 groot botterskorsie (geskil en in blokkies gesny)
1 groen appel (geskil en in blokkies gesny)
2 eetlepels meel
3 koppies hoenderaftreksel (of 1 koppie volroom melk en 2 koppies aftreksel)
½ teelepel kaneel
Sap van ½ kleinerige lemoen (opsioneel)

Braai die ui in die botter tot sag en deurskynend. Gooi die kerriepoeier by en meng goed. Gooi die botterskorsie blokkies en appel stukke by en braai vir so paar minute saam met die ui. Sprinkel die meel oor en roer dit goed deur oor die hoë hitte. Voeg die aftreksel by en meng alles goed. Laat prut tot die botterskorsie sag is. Verwerk dit tot baie fyn met ‘n staafmenger. Maak seker die sop is baie glad en fyn. Meng die lemoensap in (as gebruik). Laat prut nog vir so paar minute oor lae hitte. Meng die kaneel in net voor opdiening.

Bedien met ‘n skeut room en vars gebakte brood.

English list of ingredients…
1 onion (chopped)
2tablespoons butter
1 teaspoon curry powder
2 small or 1 large Butternut (pealed and cubed)
1 green apple (pealed and cubed)
2 tablespoons flour
3 cups chicken stock(or 1 cup milk and 2 cups stock)
½ teaspoon cinnamon
Juice of 1/2 orange (optional)

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s