Resepte

Lady and the Tramp pasta (Frikkadelle en tamatiesous by pasta)

IMG_7728[1]

Wie onthou nog die deel uit Lady and the Tramp waar hulle die pasta eet?…die mees bekende deel seker in die fliek, want dis waar hulle mekaar soen nadat hulle altwee toevallig dieselfde stuk spaghetti beetgekry en opgeslurp het. Van daardie tyd af het ek altyd die idee in my kop gehad dat dit is hoe spaghetti eintlik ge-eet moet word…nie die opslurp tot by jou geliefde se mond deel nie… maar die feit dat hulle frikkadelle met ‘n ryk tamatiesous saam met die spaghetti ge-eet het. Self het ons dit nooit so ge-eet in ons huis nie. Ons het gewoonlik net ‘n lekker bolognaise sous saam met die spaghetti gekry en al was dit heerlik, het ek nogsteeds die idee in my kop gehad dat spaghetti eintlik saam met die frikkadelle bedien moet word.

In Engeland kry ek toe ‘n resepteboek van Jamie Oliver (Jamie’s ministry of Food) wat hierdie einste resep in het. ‘n Paar jaar later het ek ‘n resepteboek van Barbara Joubert persent gekry (Proe die lekker) waar daar ‘n effens ander weergawe in is. Ek het toe die twee resepte mettertyd met mekaar getrou en dit effens aangepas om ‘n resep by uit te kom waarvan ek baie hou. Hier is dus my weergawe van die Lady and the Tramp pasta….

Vir die frikkadelle:
4 takkies vars roosmaryn
¼ koppie broodkrummels
2 eetlepels Dijon mosterd
500g gemaalde vleis (helfte beesmaalvleis, helfte varkmaalvleis)
1 teelepel gedroogde origanum
1 eier
Sout en peper na smaak
50ml olyfolie

Vir die sous:
50 ml olyfolie
1 medium ui (fyngekap)
2 knoffelhuisies (fyngekap)
2 blikke italiaanse tamaties (gekap)
Handvol vars basiliekruid (in stukke gebreek)
200ml rooiwyn
1 pakkie tamatiepasta
1 tot 2 teelepels bruin suiker

400g spaghetti pasta (of tagliatelli)
Parmesaan kaas or pecorino kaas (vir rasper bo-oor)
Ekstra basiliekruid vir bediening

Voorverhit die oond tot 180°C. Haal die blare van die roosmaryn af en kap dit fyn. Meng die roosmaryn, broodkrummels, mosterd, gemaalde vleis, origanum en sout en pepper goed met jou hande. Deel die mengsels in frikkadelle effens groter as ‘n R5 stuk. Giet die olie in ‘n oondbak en plaas die frikkadelle daarin. Rooster in die oond vir 15min tot gaar. Hou eenkant.

Verhit die res van die olie en braai die ui en knoffel tot sag en deurskynend. Voeg die tamaties, basiliekruid, rooiwyn en tamatiepasta by. Roer die suiker deur en geur met die sout en pepper. Prut oop vir omtrent 45 minute tot dik op lae hitte.

Kook die pasta volgens die instruksies op die pakkie tot gaar, maar die sag of pap nie (die warm sous maak dit ook verder gaar, so dit moet net al dente wees). Terwyl die pasta kook, skep die frikkadelle in die sous en hou dit warm oor lae hitte.

Bedien die sous op die pasta en rasper parmesaan of pecorino kaas oor net voor opdiening. Snipper ook die ekstra basiliekruid blare oor.

Bellisimo!
English list of ingredients…
For the meatballs:
4 sprigs fresh rosemary
¼ cup breadcrumbs
2 tablespoons Dijon mustard
500g minced meat (half beef, half pork)
1 teaspoon dried oregano
1 egg
Salt and pepper to taste
50ml olive oil

For the sauce:
50 ml olive oil
1 medium onion (chopped)
2 garlic gloves (chopped)
2 cans Italian tomatoes (chopped)
1 hand-full of basil leaves (torn into pieces)
200ml red wine
1 packet tomato paste
1 tot 2 teaspoons of brown sugar

400g spaghetti pasta (of tagliatelli)
Parmesan cheese or pecorino cheese (to serve)
Extra basil to serve

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s