Kombuis Wenke · Resepte

Olyfbrood

IMG_7731[1]

Daar is min dinge in die lewe wat so lekker ruik soos varsgebakte brood! Dis ‘n reuk wat min mense kan weerstaan en wat by meeste mense ‘n heerlike nostalgiese herinnering of twee voortbring. Broodbak is een van die mees basiese vorms van bak en is so oud soos die berge. Daar is letterlik duisende resepte vir broodbak en vir verskillende soorte brode. Hierdie resep is vir ‘n brood met olywe in. Dis baie eenvoudig om te maak, maar nog net so lekker. Ek deel donderdag ‘n wenk wat ek geleer het oor hoe om ‘n brood se kors perfek te kry…

Jy benodig…
2 ¾ koppies witbrood meel
2 teelepels gis
2 teelepels suiker
½ teelepel sout
1 teelepel gedroogde roosmaryn (fyngemaak)
2 eetlepels olyf olie
1 koppie louwarm water
½ tot 1 koppie olywe (ontpit en halveer)

Sif die meel. Meng die gis, suiker, sout en roosmaryn by. Meng die olie en louwarm water by en meng tot alles net geinkorepeer is. Laat rus 15min. Voeg die olywe by en knie nou vir 5 na 10 minute tot ‘n elastiese deeg. (Jy kan ‘n elektriese menger of jou hande gebruik).

Laat rys 60 minute in ‘n warm plek tot dubbel die grootte. Knie die deeg liggies af en vorm ‘n langwerpige brood met die deeg. Plaas op ‘n gesmeerde bakplaat en laat weer rys in ‘n warm plek. Verhit intussen die oond teen 200C. Bak die brood in die voorverhitte oond vir 30 minute tot mooi bruin en dit hol klink as jy op die onderkant klop.

English list of ingredients…
2 ¾ cups white bread flour
2 teaspoons yeast (fast acting)
2 teaspoons sugar
½ teaspoons salt
1 teaspoon dried rosemary (ground fine)
2 desert spoons olive oil
1 cup lukewarm water
½ to 1 cups of olives (pitted and halved)

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s