Kombuis Wenke

Kombuiswenk : Broodbak met stoom

Image result for images of bread (foto vanaf panerabread.com)

Hierdie wenk het ek raakgeloop toe ek die resep vir die Olyfbrood van Maandag gekry het.  Dis ‘n eenvoudige truuk, maar dit maak nogals ‘n verskil aan die brood wat jy bak.  Die basiese beginsel daaragter is om stoom in die oond te kry terwyl jy brood bak.  Twee vrae kom natuurlik nou op…hoekom en hoe?

Eers vir die hoekom… Brood deeg begin van buite af gaar word as dit bak.  As jy die brood in die oond sit dan tref die hitte van die oond die deeg, die gis sit uit, die suikers smelt en die deeg begin ‘n kors vorm.  Soos die proses voortgaan, begin die kors buite uitdroog terwyl die binnekant van die brood normaalweg voort bak.  As jy stoom by die deeg kan kry binne die eerste 5 minute wat die brood bak dan gaan jou kors vinniger vorm wat ‘n blinker kors tot gevolg gaan hê omdat die suikers vinniger gaan smelt.  Party bakkers glo ook die kors smaak dan heelwat lekkerder.

So hoe kry ek stoom binne die eerste 5 minute van die bakproses by my brooddeeg uit?  Maklik!  Plaas eenvoudig ‘n dieperige bakpan onder in die oond wanneer jy die oond begin voorverhit.  Die pan raak dan saam met die oond warm.  Sodra jou oond se temperatuur reg is om die brood in te sit, plaas jou broodpan met deeg in die oond en gooi terselfdertyd (of so gou jy kan) ‘n paar blokkies ys in die oondpan onder in die oond.  Dit sal onmiddelike stoom veroorsaak!

Probeer gerus hierdie truuk…dit gaan jou brood bak na die volgende vlak neem.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s