Resepte

Klapper malvapoeding

IMG_7729[1]

Malvapoeding is ‘n eg Suid Afrikaanse poeding. Vra enige Suid Afrikaner en hulle het hom al ge-eet. Dis geliefd, nostalgies, vertroostend, soet, ryk en baie lekker. Malvapoeding is basies ‘n tipe bruin poeding wat gebak word en dan ‘n sous oor kry sodra dit uit die oond uit kom. Ek is baie lief vir malvapoeding, maar ek het onlangs ‘n effens anderste weergawe ontdek wat ook heerlik is…veral as jy hou van klapper.

Klapper is een van daardie dinge waarvan jy of baie hou of niks hou nie. Gewoonlik voel die mense wat nie daarvan hou nie ook baie sterk oor hul afkeur van klapper. As jy een van daardie mense is, hou maar verby met hierdie resep. Maar as jy nie is nie…as jy van klapper hou…gaan hierdie resep dalk net die een wees vir jou. Ek het ‘n bottle klapper-geur rum in my kas gehad…dit maak die resep natuurlik net nog lekkerder.

Jy benodig…
1 teelepel koeksoda
1 koppie melk
1 groot eier
½ koppie witsuiker
2 ½ teelepel (12,5 ml) appelkooskonfyt
1 eetlepel bruinasyn
Knippie sout
1 koppie klapper
½ teelepel rumgeursel (opsioneel)

Vir die sous…
1 koppie witsuiker
1 ½ koppie (375 ml) melk
125 g botter
1 teelepel vanieljegeursel

Voorverhit die oond tot 180°C. Spuit ‘n medium grootte bak met kleefwerende kossproei.

Los die koeksoda op in die melk en hou eenkant. Klits die eier en suiker saam tot goed gemeng en meng dan die konfyt en asyn in. Sit droë bestanddele saam. Voeg die meelmengsel en die melkmengsel om die beurt by die eiermengsel terwyl dit aanhou meng. Voeg die klapper en rumgeursel by en meng. Skep in die voorbereide bak. Bak 30 tot 45 minute in die voorverhitte oond tot gaar. (toets met ‘n toetspen)

Meng die bestandele vir die sous oor lae hitte tot die botter gesmelt is. Kook dit 5 minute lank saam. Sodra die poeding uit die oond kom, steek dit vol gaatjies en gooi die kokende sous oor die warm poeding. Sit warm voor saam met vla en/of roomys.

 

English list of ingredients…
1 teaspoon baking soda
1 cup milk
1 large egg
½ cup white sugar
2 ½ teaspoon (12,5 ml) apricot jam
1 desert spoon brown vinegar
Pinch of salt
1 cup desiccated coconut
½ teaspoon rum essence (optional)

For the sauce…
1 cup sugar
1 ½ cup (375 ml) milk
125 g butter
1 teaspoon vanilla essence

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s