Resepte

Gevulde botterskorsies

IMG_7482[1]

Wat ek die meeste hou van hierdie gereg is dat dit ‘n vleis en bygereg alles in een is. Dis redelik maklik om te maak en regtig lekker. Jy kan die vulsel verander soos wat jy wil…jy kan verskillende soorte vleis gebruik of selfs verskillende soorte bestandele kan bygevoeg word. Die een wat ek gemaak het is hoendervleis en feta.

Jy benodig…
2 of 3 klein botterskorsies
Olyfolie
2 hoenderborsies (sonder vel en sonder bene)
½ teelepel gedroogte tiemie
1 eetlepel botter
2 eetlepels meel
1 koppie volroom melk
2 koppies babaspinasie
Sout en peper
1 wiel feta

Voorverhit die oond teen 200C. Sny die botterskorsies in die helfte deur. Skraap die pitte uit en ‘n bietjie van die vleis om ‘n redelike holte te maak. Sprinkel met olyfolie en sout en peper. Pak dit in ‘n bak en plaas in die oond vir so halfuur.

Terwyl die botterskorsies bak, sny die hoenderborsies in blokkies. Braai die blokkies in die olyfolie saam met die tiemie. Sodra die hoender gaar is, gooi die spinasie in die pan by hoender. Smelt die botter in tussen die hoender. Sprinkel die meel oor en braai dit vir ‘n minuut lank. Voeg die melk in en meng goed deur. Kook tot die sous verdik het. Krummel die feta in en meng dit deur die hoender.

Skep die hoender mengsel in die botterskorsies. Bak vir ‘n verdure 15 na 20 minute in die oond tot die botterskorsies sag is.

Geniet saam met ‘n lekker broodjie of slaai.

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s