Resepte

Cremora tert met ‘n koejawel bo-laag

IMG_7730[1]

Cremora tert was een van my gunsteling terte gewees toe ek groot geword het. Dit was ook een van die eerste goed wat ek self geleer maak het omdat dit net so eenvoudig is. My ma het die oorspronlike resep by ‘n buurtannie in ons straat gekry. Die oorspronklike resep kry eenvoudig ‘n lagie jellie op. Jy bepaal self watter kleur jy dit wil maak.

My ma het ook ‘n resep vir ‘n koejawel en maaskaas tert wat baie lekker is. Ek het toe eenvoudig die twee resepte gekombineer en dis waar my cremora tert met die koejawel bo-laag van vandaan kom.

Jy benodig …

Vir die cremora-laag:
1 blik kondensmelk
¾ blik yskoue water
½ koppie suurlemoensap
2 koppies cremora poeier
1 pakkie tennis beskuitjies
So 2 na 3 eetlepels botter

Vir die koejawel-laag:
1 blik ingelegde koejawels
2 eetlepels vlapoeier
2 eetlepels suiker

Maak eers die koejawel-laag sodat dit kan afkoel terwyl jy die ander laag maak. Dreineer die koejawels uit die blik uit en hou die sap eenkant in ‘n klein kastrolletjie. Sny die koejawels fyn. Verhit die sap in die kastrol. Sif die vlapoeier in die sap in en meng die suiker ook by. Kook dit alles saam en roer aanhoudend met ‘n draadklitser tot dit deurskynend is (die mengsel raak ‘n glaserige kleur soos dit gaar raak). Voeg die gesnyde koejawels by. Meng goed en haal van die hitte af om af te koel.

Maak die tennis beskuitjies fyn. Smelt die botter en meng dit met die koekiekrummels. Druk stewig vas onder in ‘n langwerpige bak of ‘n ronde tertbord. Klits die kondensmelk, water en suurlemoensap saam. Voeg die cremorapoeier by. Meng alles goed saam en skep versigtig op die koekiekrummelkors. Plaas in die yskas om te stol.

Sodra dit cremora-laag gestol is en die koejawel mengsel heeltemal afgekoel het, skep die koejawel mengsel bo-op die cremora-laag. Plaas weer terug in die yskas om finaal te stol vir ten minste twee ure voor dit bedien word.

 

English list of ingredients:
For the cremora layer:
1 can of condensed milk
¾ can of ice cold water
½ cup of lemon juice
2 cups of cremora powder
1 packet tennis biscuits
2 to 3 tablespoons of butter

For the guava layer:
1 can of guava’s
2 tablespoons custard powder
2 tablespoons sugar

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s