Uncategorized

Ertjiesop

IMG_8091

Ertjiesop is iets wat in heelwat lande se kos geskiedenis opduik in een of ander vorm. Ek het dit die eerste keer regtig leer eet in Engeland waar die Britte dit eet as “pea and ham soup”. Die rede vir die byvoeg van die ham is glo ‘n afstammeling van die gebruik van seevaarders om gesoute vark te gebruik om die ertjiesop mee te geur. Tot en met die middel van die negentiende eeu was ertjies die hoof stapelvoedsel in Engeland totdat dit deur aartappels vervang is. Dit is vir baie lank gesien as arm-manskos en word in heelwat ou Engelse boeke half met minagting na verwys (bv in Tess of the D’Ubbervilles).

My kosherinnering wat gekoppel is aan ertjiesop is wel ‘n ietwat meer persoonlike saak. Ek het ertjiesop (en dan spesifiek hierdie resep) leer eet by ‘n vriendin van my. Sy is ‘n baie gesondheidsbewuste mens en sy het my al baie geïnspireer om meer gesond te eet. Sy is ook die persoon wat my leer draf het en aan wie ek ‘n groot deel van my gesond wees en fiks wees te danke het. Hierdie resep het sy my lank gelede leer maak en dit bly tot vandag toe een van my gunsteling resepte om te maak. Dis alles wat jy in ‘n winter sop wil he… dis geurig en warm en vullend en boonop regtig maklik om te maak. Die oorspronklike resep gebruik Kassler tjops. As jy dit regtig geensins in die hande kan kry nie, sal ‘n pakkie bacon wat jy opkap ook kan werk. Maar doen maar gerus die moeite om die Kassler tjops te kry…dit maak van ‘n gewone sop iets baie besonders. Dankie Denise Loubser vir jou resep…dit word waardeer en geniet!

Jy benodig…

2 eetlepels olie
3 medium uie (gekap)
3 medium aartappels (in blokkies gesny)
2 tot 3 knoffelhuisies (gekap)
500g (1 pakkie) gedroogte ertjies
Takkie tiemie
4 to 6 hoender borsies (in blokkies gesny)
300g kassler tjops (in blokkies gesny)(of bacon blokkies)
2 liters hoender aftreksel
2 blikkies petit pois (klein ertjies) (gedreineer)
Sout en peper na smaak

Braai die ui en die knoffel in die olie vir ‘n paar minute. Voeg die aartappels, ertjies en die tiemie by en braai vir ‘n verdere 5 minute. Roer aanhoudend. Voeg die hoender aftreksel by en prut dit vir omtrent 30 tot 45 minute saam (tot die aartappels en die ertjies sag is).

Terwyl dit saam prut, braai die hoender en die kasseler tjops in ‘n pan. Verpulp die ertjie mengsel met ‘n staafmenger tot glad. Voeg die vleis by. Prut vir nog 30 minute. Net voor opdiening, roer die petit pois by tot deur verhit. Bedien met vars brood.

English list of ingredients…
2 tablespoons oil
3 medium onions chopped
3 medium potatoes cubed
2 to 3 garlic gloves (chopped)
500g (a packet) split peas
spring of thyme
4 to 6 chicken breast fillets cut into pieces
300g kassler steaks/rashes
2 liters chicken stock
2 tins petit pois drained
Salt and pepper to taste

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s