Resepte

Outydse Tipsytert

IMG_7770.JPGTipsytert is een van daardie poedings wat ek regtig net nie genoeg waardeer het toe ek klein was nie. Vandag is dit een van my gunsteling poedings hoofsaaklik as gevolg van die dadels wat daarin is.

Tipsytert staan ook bekend as brandewyntert en dadelpoeding. Dit is natuurlik baie meer van ‘n poeding as wat dit ‘n tert is. En selfs my vriende (meestal mans vriende) wat nie hou van vrugterige poedings nie, skep twee keer van hierdie poeding. Nou of dit is as gevolg van die brandewyn eerder as die tert self, sal julle maar vir hulle moet vra . Die resep wat ek geleer maak het en bietjie aangepas het, kom uit ‘n resepteboek van Christelle Erasmus, Eenskotteltreffels.

Jy benodig…
5 ml koeksoda
250 ml kookwater
250 g ontpitte dadels, gesnipper
125 g botter
250 ml bruinsuiker
2 eiers
375 ml koekmeelblom
5 ml bakpoeier
Knippie sout
10 ml vanieljegeursel
125 ml gekapte neuter

Stroop:
250 ml water
100 ml suiker
30 ml botter
5 ml vanieljegeursel
125 ml brandewyn

Voorverhit die oond tot 180C. Meng die koeksoda, kookwater en die dadels en laat dit afkoel. Klop die botter en suiker tot romerig en voeg die eiers by. Klop goed. Sif die koekmeelblom, bakpoeier en sout saam en voeg saam met die dadelmengsel by die eiermengsel. Meng goed en roer laastens die vanieljegeursel en gekapte neute by. Skep in ‘n gesmeerde bakskottel en bak vir 45min.

Kook die stroop 10 minute voor die baktyd verby is. Kook die water en suiker vir 5 minute saam. Verwyder van die hitte en roer die res van die bestandele by. Gooi die kokende stroop oor die vuurwarm poeding sodra dit uit die oond kom. Laat n rukkie staan sodat die stroop goed kan intrek.

Eet saam met geklopte room…dis die beste manier om dit te bedien!

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s