Resepte

Kerrie Koringslaai

Daar is ‘n paar slaaie waarmee enigiemand wat in die laat 80er jare kinders was, groot geword het. Daardie slaaie wat baie waarskynlik by die meeste braaie teenwoordig was. Ek praat nie van die gewone slaaie wat nou nog redelik gereeld verskyn nie, maar daardie slaaie wat iewers ‘n buiging gemaak het en soort van mode geword het om te maak. Van daardie slaaie het in sommige huishoudings vasgehak en is nou nog steeds groot gunstelinge. Een so ‘n slaai wat tot vandag toe een van my gunsteling slaaie is, is hierdie Kerrie Koringslaai. In sommige resepteboeke verwys hulle ook na hom as Geelperske Koringslaai. Vir die wat nie hierdie slaai ken nie (wat ek nie weet dan hoe dit eintlik moontlik is nie) mag die kombinasie van bestandele dalk vreemd klink, maar ek verseker jul dat dit ‘n heerlike eindresultaat lewer. Verskeie mense het al vir my gevra waar koop ‘n mens koring of waar is dit in ‘n winkel. Die meeste winkels het dit op die rak waar die gedroogte lensies en ertjies is. Die pakkie sal se “Pearled Wheat”.

Jy benodig…
250 ml (1 koppie) koring
Sout
1 groot groen soetrissie (ontpit en in klein blokkies gesny)
1 medium ui (gekap)
1 blik (410g) perskeskywe (gedreineer…hou die sap.  Sny in blokkies)
½ koppie rosyne

Vir die sous:
50 ml olyf olie
3 ml (ruim ½ teelepel) borrie
7 ml (1 ½ teelepel) matige Kerrie
30 ml blatjang
25 ml suiker (ek vervang hierdie soms met die sap van die perskes…hang af hoe klam jy jou slaai wil he)
25 ml druiwe-asyn
5 ml sojasous

Kook die koring saam met die sout in water tot gaar volgens die pakkie se aanwysings. (Ek werk gewoonlik op twee en ‘n halwe koppie water op ‘n koppie koring). Spoel die koring af en gooi dit in ‘n slaaibak. Meng die res van die slaai bestandele met die koring.

Meng al die bestandele vir die slaaisous saam. Giet dit oor die koringmengsel en roer goed deur. Verkoel die slaai tot etenstyd.IMG_7992

 

English list of ingredients:
250 ml (1 cup) pearled wheat
Salt
1 large greenpeper (deseeded and cut into small cubes)
1 medium onion (chopped)
1 can (410g) peach pieces (drained and cubed …retain the juice)
½ cup raisons

For the dressing:
50 ml olive oil
3 ml (generous ½ teaspoon) turmeric
7 ml (1 ½ teaspoon) mild curry powder
30 ml chutney
25 ml sugar
25 ml grape vinegar
5 ml soya sauce

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s