Resepte

Speseryhoender

IMG_5855Toe ek ‘n kind was het my ma my altyd beïndruk met hoe vinnig sy kos kon aanmekaar slaan in die aande na werk. Ek maak nou nie so gereeld of so vinnig soos sy kos nie, maar ek het intussen wel op ‘n paar resepte afgekom wat regtig vinnig en maklik is om te maak. Hierdie resep is een van hulle. Ek het om die waarheid te sê die tydsberekening op die proef gestel en dit het letterlik 30 minute geneem vandat ek begin kosmaak het tot ons kon eet (ok, om eerlik te wees, daar was ‘n onderbreking as gevolg van krag wat afgegaan het, maar toe dit eers uitgesorteer is, toe gaan dit weer vinnig…en ek het net die tyd bygetel wat ek aan die kosmaak self spandeer het…maar hoekom ‘n goeie storie met feite bederf…). Die oorspronklike resep het ek in ‘n Idees resepteboek gekry, maar ek het dit effens aangepas.

Jy benodig…
3 ml fyn kaneel
10 ml paprika
8 tot 10 stukke hoender
25 ml olyfolie
1 ui (in skywe gesny)
4 middelslag wortels (geskil en in ringetjies gesny)
3 knoffelhuisies (fyngekap)
25 ml heuning
10 ml meelblom (maziena)
30 ml suurlemoensap
Vars platblaar pietiersielie om te bedien mee

Sprinkel die speserye oor die hoender. Verhit ‘n kastrol oor medium tot hoe hitte. Voeg so die helfte van die olie in die kastrol en verbruin die hoender aan albei kante. Skep uit en hou eenkant.

Verhit die res van die olie in dieselfde kastrol en braai die ui en wortels vir drie minute. Voeg dan die knoffel by en sit die hoender terug in die kastrol. Voeg die heuning en 125ml water by. Verhit dit tot kookpunt en verlaag dan die hitte. Maak die meelblom met ‘n bietjie water aan en meng dit in. Sit die deksel op en laat dit vir 10 to 15 minute prut.

Voeg die suurlemoensap by en geur na smaak met sout en pepper. Garneer met die vars pietersielie en sit voor met koeskoes.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s