Resepte

Vegetariese Biryani

img_8321.jpgDrie jaar terug was daar ‘n tyd wat ek vir ‘n paar weke nie enige vleis ge-eet het nie. Soos meeste Suid Afrikaanse mense seker maar, het ek redelik benoud geraak by die gedagte en een van die eerste dinge wat ek natuurlik gedink het is … maar wat eet jy as jy nie vleis eet nie? Ek was so gewoond aan al my etes beplan rondom vleis en dan groente eintlik net te sien as ‘n bykos. Ek het toe besluit dat ek gaan moet navorsing doen … daar is immers duisende mense in hierdie wêreld wat nie vleis eet nie en hulle vergaan nie van die honger nie. Ek was so aangenaam verras met die resultate van my navorsing! Ek het op die lieflikste resepte afgekom en ek het regtig heerlike, vullende kos gemaak in daardie tyd. Een van die resepte wat ek leer maak het is iets wat ek al meer as een keer sedertdien gemaak het. Dit is ‘n resep vir ‘n vegetariese biryani. Die resep is verlede week ook weer gebruik toe ek vir my boek-klub ‘n vegetariese gereg wou maak.

Die oorspronklike resep het ek op die BBCfoods website gekry. Ek het dit al so met die tyd aangepas en gebruik eintlik maar watter groente ek by die huis het. Die resep is ook baie maklik om meer te maak. In die oorspronklike resep gebruik hulle ‘n kerrie-pasta uit ‘n potjie uit, maar ek maak myne self. Die gereg is heerlik geurig en jy kan self kies hoe sterk jy dit wil maak.

Jy benodig…
2 eetlepels kookolie
1 klein blomkool (in blommetjies gebreek)
2 groot soetpatats
(ek het die groente al met ‘n verskeidenheid ander groente ook vervang)
1 groot ui (in skywe gesny)
1 Liter warm groente aftreksel
3 eetlepels kerrie pasta (sien resep hier onder)
1 rooi chillie (pitte verwyder, fyngekap) (opsioneel)
2 teelepels mostert sade (wit of swart)
500g basmati rys
140 g groenbone (koppe afgesny en gehalveer)
2 suurlemoene
‘n handvol vars koljander (dhania)
50 g pakkie gesoute, geroosterde cashew neuter (gekap)

Vir die kerrie-pasta:
15 ml kerrie poeier (biryani masala is beter)
15 ml borrie
10 ml komein
10 ml koljander
2 ml kaneel
2 ml gemaalde naaltjies
2 knoffelhuisies geskil en gekap
1 duim-grootte stuk vars gemmer (geskil en gerasper)
1 tot 2 eetlepels olyfolie om ‘n pasta mee te maak

Voorverhit die oond tot 220C. Gooi die olie in ‘n groot oondbak en sit vir ‘n paar minute in die oond. Voeg die groente (alles behalwe die groenbone) versigtig by dat die olie nie spat nie. Meng alles deur tot al die groente met olie bedek is. Geur met sout en pepper. Bak in die oond vir 15 min tot alles begin verbruin.

Meng intussen al die bestandele vir die kerrie-pasta met die groente aftreksel, chillie en mosterd sade.

Haal die bak uit die oond. Meng die rys en die groenbone in by die groente. Gooi die aftreksel mengsel bo-oor. Verlaag die oond se hitte na 190C. Bedek die bak met ‘n deksel of met foelie en bak vir 30min tot die rys gaar en al die vloeistof geabsorbeer is. Meng die suurlemoen sap in. Strooi die neute bo-oor. Bedien met die koljander en volroom jogurt. Heerlik saam met roti’s of naanbrood.

Volgende week op die blog verduidelik ek hoe om naanbrood te maak… jy sal nooit weer dit koop nie…

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s