Resepte

Paprika Hoenderborsies

IMG_8490Paprika word gemaak deur lug-gedroogte soetrissies fyn te maal (‘n spesifieke varieteit). Dit word veral vereenselwig met Hongaarse kookkuns. Dit is eintlik oorspronklik in Meksiko verbou en is in die 16de eeu uitgevoer Spanje toe. Vandag kom die geurmiddel regoor die wêreld voor in verskeie vorme. Die plant wat oorspronklik in die vervaardiging van die Hongaarse weergawe gebruik word, is in 1529 verbou in die destydse Budapest deur die Turke. Oorspronklik was alle Sentraal Europese weergawes baie sterk. In die 1920’s het ‘n verbouer ‘n plant ontdek wat ‘n soeter weergawe produseer en het dit baie minder gebrand.

Paprika word in heelwat geregte reg oor die wêreld gebruik. Dit word hoofsaaklik gebruik om rys, bredies en soppe te geur. Dis ook gewild in die vervaardiging van verskeie soorte worse en ander vleis. Paprika se geur kom beter na vore deur dit saam met olie te verhit.

Ek het onlangs ‘n hele houer gerookte paprika gekry en hierdie is toe ‘n resep wat ek kon kry daarvoor. Dis heerlik, smaaklik en baie lekker saam met ‘n slaai in die somer.

Jy benodig…
1 eetlepel gerookte paprika (moenie eens probeer gewones gebruik nie…jy sal teleurgestel wees)
1 teelepel knoffel sout
½ teelepel fyn komyn
¼ koppie olyfolie
1 eetlepel soja sous
4 hoender borsies (vel en bene verwyder)

Meng al die bestandele behalwe die hoender borsies saam. Hou een kant.

Plaas die hoenderborsies binne-in ‘n plastieksakkie of tussen twee lae “cling-wrap”. Kap nou die borsies met ‘n vleishammer tot omtrent helfte van die oorspronklike dikte. Verf die hoenderborsies met die paprika mengsel aan beide kante en laat rus dit dan omenby 30 minute.

Verhit die rooster element van jou stoof. Plaas die borsies op ‘n gesmeerde bakplaat en rooster die borsies onder die element vir omenby 7 minute aan ‘n kant (4 min aan een kant, 4 min aan die ander kant. 3 min aan die een kant en weer 3 min aan die ander kant). Verwyder uit die oond en bedien met ‘n heerlike slaai of groente van jou keuse.

English list of ingredients:
1 tablespoon smokes paprika
1 teaspoon garlic salt
½ teaspoon ground cumin
¼ cup olive oil
1 tablespoon soya sauce
4 chicken breast (skin and bones removed)

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s